Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Motsepe-groep verhoog belang in Alexander Forbes

African Rainbow Capital (ARC) se finansiëledienstefiliaal besit nou 28,6% van Alexander Forbes, teenoor die 13,7% vantevore.

Patrice Motsepe, voorsitter van African Rainbow Minerals en medestigter van African Rainbow Capital.

ARC het 193 miljoen aandele van Mercer teen R5,25 elk bekom, vir ’n totaal van meer as R1 miljard.

Mercer se belang in Alexander Forbes het gevolglik van 30,59% tot 15,59% gedaal.

Die bekende sakeman Patrice Motsepe is ’n groot belegger in ARC.

Die transaksie is vroeër aangekondig as deel van ’n groter plan om ARC se belang in Alexander Forbes uiteindelik tot 41,3% te verhoog.

Die tweede been van die plan, naamlik dat Alexander Forbes 200,8 miljoen van sy eie aandele vir R1 miljard gaan terugkoop, is in Maart gekanselleer weens die impak van die Covid-19-krisis op finansiële markte.

ARC, wat aandele in die ongenoteerde bedryfsmaatskappy Alexander Forbes Bpk. besit, sou dié aandele ruil vir aandele in die genoteerde Alexander Forbes.

Daarna sou ARC 41,3% van die genoteerde Alexander Forbes hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.