Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moyo en Old Mutual terug in die hof
Peter Moyo. Foto: William Horne

Die hofstryd tussen Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, en die maatskappy hervat Woensdag.

Dié keer hoop Old Mutual dat ’n vroeëre hofbevel dat hy Moyo weer in sy pos moet aanstel, ter syde gestel sal word.

Paul Baloyi, ’n direkteur van Old Mutual, sê die appèl is belangrik om duidelikheid te gee.

“Ons glo dat die logiese gevolg van die tussentydse bevel (om Moyo in Julie weer in te stel) ’n opskorting van die maatskappyereg en korporatiewe bestuur sou wees,” het hy aan Fin24 gesê.

Regter Brian Mashile het in Julie dié uitspraak in die hooggeregshof in Johannesburg gelewer.

Moyo dring aan dat sy afdanking onwettig was.

Buiten vir dié saak is daar ook ander aansoeke wat by die hof ingedien is.

Dit wissel van bewerings van minagting van die hof tot aansoeke om Old Mutual-direkteure as misdadig te verklaar. Daar is ook ’n versoek dat die regter wat die saak voorafgegaan het, homself van die saak onttrek.

Sien die grafika hier onder vir ’n tydlyn van die verloop van sake tussen Moyo en Old Mutual.

Fin24

opgedateerde tydlyn

Meer oor:  Old Mutual  |  Eric Mabuza  |  Trevor Manuel  |  Peter Moyo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.