Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moyo mag nuwe getuienis teen Old Mutual indien

Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, het Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg die reg verkry om nuwe getuienis in te dien in sy hofaansoek dat die maatskappy se direkteure skuldig bevind word aan minagting van die hof.

peter moyo, trevor manuel, old mutual
Peter Moyo, afgedankte uitvoerende hoof van Old Mutual, en Trevor Manuel, voorsitter van die maatskappy. Foto: Grafika24

Moyo probeer bewys dat sy tweede afdanking, op 21 Augustus, minagting van die hof verteenwoordig.

Die uitspraak van regter Brian Mashile is Maandag deur regter Moosa (voornaam onbekend) voorgelees. Die saak word oor 30 dae aangehoor.

Old Mutual het Moyo in Junie afgedank nadat hy in Mei geskors is oor die manier waarop hy ’n belangebotsing bestuur het en ná ’n vertrouensbreuk tussen hom en die direksie.

Mashile het op 30 Julie beveel dat hy heraangestel word omdat die afdanking onregmatig was weens prosedurele foute wat die maatskappy gemaak het.

Old Mutual het hom toe weer op 21 Augustus afgedank op grond van ’n ander artikel in sy dienskontrak. Eric Mabuza, Moyo se prokureur, het dié stap as “’n klassieke geval van minagting van die hof” beskryf.

LEES OOK: Old Mutual vs. Moyo: ’n Tydlyn van die chaos

Die nuwe getuienis sal dié tweede afdankingsbrief insluit.

Moyo sê sy tweede afdanking is “doelbewus bereken om die doeltreffendheid van die uitspraak van dié hof te ondermyn”.

Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual se direksie, het twee weke gelede op ’n nuuskonferensie gesê die direksie is eensgesind oor hoe die Moyo-saak behartig word. Vrydag het Pinky Moholi egter as direkteur bedank, nie lank nadat sy Moyo in ’n onderhoud lof toe geswaai het nie.

Fin24 verneem dat sekere direkteure en Moyo se gesprekke om die hoftwis te beëindig, gevorder het. Moholi, Paul Baloyi en Itumeleng Kgaboesele het glo die gesprekke aangevoer.

Die onderhandelinge is egter ’n gevoelige knou toegedien toe Manuel na Mashile verwys het as ’n “enkele individu wat toevallig ’n mantel dra”, met verwysing na Mashile se beslissing oor Moyo se afdanking. Hy het later vir die “onbedagte opmerking” om verskoning gevra. – Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.