Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moyo se interdik teen Old Mutual misluk

Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, se jongste poging om te keer dat die maatskappy ’n permanente plaasvervanger vir hom kry, het Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg misluk.

Peter Moyo (middel) en sy prokureur, Eric Mabuza (links) in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: William Horne

Moyo het dié hof verlede Dinsdag gevra vir ’n dringende interdik om Old Mutual te keer om ’n nuwe uitvoerende hoof aan te stel nadat die versekeraar op 14 Januarie geslaag het in sy appèl teen ’n vroeëre uitspraak dat hy Moyo moet heraanstel.

Regter Colin Lamont het Dinsdag gesê hy gaan nie die dringende interdik toestaan nie.

Old Mutual sê Dinsdag in ’n verklaring hy is verheug oor die nuus en is dus goed op koers om ’n nuwe permanente uitvoerende hoof aan te stel. Iain Williamson neem sedert Junie 2019 as uitvoerende hoof waar.

Moyo het nog vier ander hangende sake teen Old Mutual.

Die versekeraar meen al dié sake sal ook die wind van voor kry.

Moyo het die hof verlede week ook gevra om sy hangende aansoek dat Old Mutual se direkteure aan minagting van die hof skuldig bevind word, gevoeg word by sy aansoek om ’n interdik sodat albei as dringend beskou kan word.

Dié aansoek van Moyo hou daarmee verband dat Old Mutual ná die aanvanklike hofuitspraak in sy guns in Julie 2019 geweier het om hom weer aan te stel en hom toe in Augustus vir die tweede keer afgedank het.

Lamont het die aansoek dat die twee sake gekonsolideer word, ook Dinsdag verwerp.

Moyo wag dus steeds op ’n hofdatum vir dié aansoek.

Sy appèlaansoek teen die uitspraak van 14 Januarie van ’n volbank regters het ook nog nie ’n datum nie.

Die ander twee hangende sake is Moyo se aansoek om die direksie van Old Mutual tot misdadige direkteure te laat verklaar, asook sy aansoek vir skadevergoeding ter waarde van R250 miljoen.

“Ná ons suksesvolle appèl in Januarie, verseker (Dinsdag se uitspraak) dat ons nog ’n belangrike stap vorentoe kan gee in die beslissende hantering van alle ongeregverdigde hofsake wat deur mnr. Moyo van stapel gestuur is,” sê Old Mutual.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.