Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moyo sê Old Mutual opnuut die stryd aan
Peter Moyo Foto: Argief

Die voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, Peter Moyo, het ’n dringende hofaansoek ingedien om te voorkom dat dié finansiëledienste-maatskappy ’n permanente uitvoerende hoof aanstel.

Moyo se prokureur, Eric Mabuza, het Sondag bevestig die aansoek is Vrydag by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien. Die saak word op 10 Maart aangehoor.

Old Mutual het nog nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Moyo se jongste aansoek het nog ’n kinkel gevoeg by die stryd tussen hom en Old Mutual, wat reeds in Mei 2019 begin het toe hy geskors is. Old Mutual het Moyo in Junie 2019 ontslaan weens vertrouensbreuk en ’n konflik van belange betreffende NMT Capital, ’n boetiek-beleggingsfirma waarvan Moyo die medestigter is.

Hy het sy ontslag toe hof toe gevat, en regter Brian Mashile het in Julie beveel dat hy in sy pos herstel word in afwagting op die uitkoms van die tweede deel van Moyo se aansoek waarin hy vergoeding vir skade aan sy reputasie eis.

Old Mutual het teen dié bevel geappelleer en op 14 Januarie het die hooggeregshof in die guns van die maatskappy beslis, wat ook toegelaat is om ’n nuwe uitvoerende hoof aan te stel.

Moyo het destyds gesê hulle sal die saak na die hoogste hof van appèl in Bloemfontein neem. Volgens Mabuza skort die verlof tot appèl by die hoogste hof van appèl die uitspraak van die hooggeregshof van 14 Januarie op, wat beteken dat Old Mutual hangende die uitslag van die saak nie ’n permanente uitvoerende hoof kan aanstel nie.

Mabuza het gesê sy kliënt het vroeër vandeesmaand aan Old Mutual geskryf om die maatskappy te keer om met die nuwe aanstelling voort te gaan, maar Old Mutual “het nie aan die versoek voldoen nie”.

“Almal weet as jy ’n aansoek om verlof tot appèl indien, word die uitspraak opgeskort,” het Mabuza gesê. – Fin24

Meer oor:  Old Mutual  |  Peter Moyo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.