Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moyo: Uitspraak oor appèl eers in 2020
Peter MoyoFoto: Argief

Old Mutual gaan nou tot 2020 moet wag om te hoor of sy appèl suksesvol was teen die uitspraak dat hy Peter Moyo, sy voormalige uitvoerende hoof, weer moet aanstel.

Advokate van die onderskeie partye het Donderdag hul finale argumente aan ’n volbank regters in die hooggeregshof in Johannesburg gelewer.

Old Mutual het Moyo aanvanklik in Mei geskors en daarna in Junie afgedank.

Hy het later vir Moyo ’n tweede keer in Augustus afgedank.

Old Mutual se argument is dat hy Moyo ingevolge klousule 24.1.1 van sy indiensnemingskontrak afgedank het.

Klousule 24 bepaal dat die kontrak beëindig kan word deurdat “enige van die partye aan die ander party skriftelik kennis moet gee”. Die beëindiging van die dienskontrak is dan aan ’n kennistydperk van ses maande onderhewig.

Klousule 24.1.1 stel dit duidelik dat nie een van die partye ’n rede hoef te verskaf hoekom hulle die kontrak wil beëindig nie.

Moyo hou weer voet by stuk dat dit nie die geval was nie en dat hy geregtig was op ’n dissiplinêre verhoor voordat daar ’n besluit oor sy indiensneming gemaak kon word.

LEES OOK: Old Mutual: Moyo praat onsin oor redes vir afdanking

Fin24 berig dat adv. Gilbert Marcus, wat Old Mutual verteenwoordig, Donderdag gesê het Moyo is die geleentheid gegee om sy saak aan die direksie voor te lê.

“Dit is nie dat mnr. Moyo nie ’n verhoor gegun is nie; hy kla oor die vorm van die verhoor. Hy dring daarop aan dat dit ’n dissiplinêre verhoor moes wees,” sê Marcus.

Old Mutual se hofdokumente sê dat die direksie verskeie kere met Moyo vergader het waar hy die kans gegun is om sy kant van die gebeure aan hulle voor te lê.

Die hele argument het gegaan oor uitbetaling van dividende deur NMT aan Old Mutual. Moyo is by albei die maatskappye betrokke.

Old Mutual het egter nooit in gesprek met Moyo getree ná hy hom geskors het en voordat hy hom afgedank het nie.

Moyo sê weer daar is nooit gesê dat hierdie gesprekke ’n verhoor was nie.

Toe regter Brian Mashile voorheen uitspraak gelewer het dat Old Mutual weer vir Moyo moet aanstel, was dit juis omdat hy sê die maatskappy veronderstel was om hom te verhoor aangesien hy Moyo van belangebotsing en growwe wangedrag beskuldig het.

Meer oor:  Old Mutual  |  Eric Mabuza  |  Trevor Manuel  |  Peter Moyo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.