Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Moyo vs. Old Mutual: Hofsaak begin Dinsdag

Peter Moyo se hofsaak teen sy afdanking as uitvoerende hoof van Old Mutual begin Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg.

Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual.

Moyo, wat op 23 Mei geskors en op 17 Junie afgedank is, eis dat hy heraangestel word en dat Old Mutual in die tussentyd verbied word om enigiemand in sy plek aan te stel.

Moyo is afgedank weens die betaling van R115 miljoen se dividende aan aandeelhouers van NMT, ’n beleggingsbeheermaatskappy waarvan Moyo die stigter en ’n direkteur is.

Aanvanklik was sy belangebotsing met NMT goed bestuur, maar Old Mutual het ná dié betaling besluit dat dit nie meer so was nie.

Old Mutual het vóór Moyo se aanstelling as uitvoerende hoof geld aan NMT voorgeskiet, en Old Mutual was ontevrede dat dié geld en voorkeurdividende nie betaal is voordat die gewone dividend uitgekeer is nie.

Moyo het ook self R30,6 miljoen voordeel getrek uit die betaling van dividende sonder om eers die skuld aan Old Mutual terug te betaal.

Moyo beweer die “ware rede” vir sy afdanking by Old Mutual is omdat hy sy stem dik gemaak het oor ’n belangebotsing waarby Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual se direksie, betrokke was.

Manuel was ’n direkteur van Rothschild, wat adviesdienste aan Old Mutual gelewer het met die Britse moedermaatskappy se ontknoping.

Old Mutual het bevestig hy gaan dié bewering teenstaan, en is “vol vertroue oor die uitkoms” van die saak, het die maatskappy onlangs in ’n verklaring gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.