Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mr Price kry groen lig om Yuppiechef oor te neem

Die bekende winkelgroep Yuppiechef mag nou wel deur Mr Price gekoop word, het die Mededingingskommissie Donderdag bekend gemaak.

yuppiechef
Die Yuppiechef-winkel in die Tuinesentrum, Kaapstad.

Die kommissie sê dat hy aan die Mededingingstribunaal voorgestel het om die voorgenome verkryging goed te keur.

Yuppiechef is in 2006 as ’n aanlyn winkel gestig en verkoop kombuis- en huishoudelike produkte van bekende handelsname.

Die onderneming het vanaf 2017 ook fisieke winkels begin bedryf en het nou sewe; vyf in die Wes-Kaap en twee in Gauteng, en dit het ’n groothandelaar.

Sy kleinhandelafdeling dra 85% van sy omset by. Van die inkomste uit kleinhandel word 70% van die aanlyn winkel gekry.

Yuppiechef was een van die pioniers in Suid-Afrika met aanlyn kleinhandel en het al ’n paar pryse gewen.

Mr Price se verkryging van al die aandele in Yuppiechef sal volgens die Mededingingskommissie nie tot kleiner mededinging in die mark lei nie.

Daar is ook geen rede in die openbare belang wat die verkryging ongewens sou maak nie.

Meer oor:  Mededingingskommissie  |  Mr Price  |  Kombuis  |  Aandele  |  Kleinhandel  |  Toerusting  |  Verkrygings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.