Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mr Price: Net 20 winkels kan nog nie sake doen

Altesame 111 winkels van die Mr Price-groep, wat ook Sheet Street en Miladys besit, is in verlede week se onluste beskadig en meer as 500 van sy winkels in KwaZulu-Natal en Gauteng het hul deure in dié tyd toegemaak.

Die MRP-winkel in die Gateway-winkelsentrum in Durban. Dit was een van die winkels wat deur die plundery geraak is. Dié foto is lank voor die onluste geneem.

Daarvan het nog net 20 nie weer begin sake doen nie.

Die maatskappy het in ’n Sens-verklaring gesê hy is van plan om alle geplunderde winkels te heropen, maar neem die omstandighede van elke winkel se ligging of van individuele winkelsentrums in ag.

Die groep se verspreidingsentrums is nie geplunder nie en was weer teen 20 Julie ten volle in bedryf.

Daar is wel agterstande in Durban se hawe, waarheen die meeste klere na Suid-Afrika ingevoer word. Die groep verwag egter dat die probleme binnekort uit die weg geruim sal word.

Die hawe is weer ten volle in bedryf.

LEES OOK: Hawens in KZN funksioneer weer ‘normaal’

Mr Price sê sy plaaslike verskaffers is minder ontwrig as wat aanvanklik gevrees is, hoewel daar ’n vertraging in die lewering van bestellings sal wees.

Die maatskappy is besig om die omvang van die skade met die oog op versekeringseise te bepaal.

Volgens Mark Blair, uitvoerende hoof, is hulle “uiters dankbaar” teenoor alle vennote en belanghebbendes vir hul steun.

“Ons is in die gelukkige posisie dat ons kan teruggee en sal dit onmiddellik deur verskillende inisiatiewe deur middel van die Mr Price Foundation doen. Die onmiddellike behoefte is vir toegang tot noodsaaklike items en kruideniersware, en die groep het spesifieke gemeenskappe naby sy verspreidingsentrums geïdentifiseer waaraan kospakkies voorsien gaan word.”

Die groep sê hy is bemoedig deur die interaksie tussen die sakegemeenskap en regering “en bly daartoe verbind om deel van die oplossing in Suid-Afrika te wees”.

“Die proaktiewe gemeenskapsreaksie en gees van volharding in die onderneming bewys dat die optrede van ’n paar mense nie die koers van die meerderheid sal bepaal nie.”

Genoteerde winkelgroepe het die afgelope paar dae die omvang van die plundery die een ná die ander bekend gemaak.

Net in KwaZulu-Natal word die voorlopige skade van die grootskaalse plundering en geweld op sowat R20 miljard geraam en 150 000 poste is in die gedrang.

Voedseltekorte het plek-plek, ook op die platteland, ontstaan.

LEES OOK: Só is KZN se platteland platgetrek

Winkelgroepe soos Shoprite en Pick n Pay het ondanks hul eie skade ook begin om kospakkies na sukkelende gemeenskappe te versprei.

Meer oor:  Mr Price  |  Kleinhandelaars  |  Plundery En Geweld  |  Kleinhandel  |  Onluste  |  Winkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.