Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mr Price ontken hy stel belang in Jet of Edgars
MRP se winkel in die Gateway-winkelsentrum in Gateway, Durban.

Die Mr Price-groep ontken hy wil geld insamel van sy aandeelhouers om die sukkelende Edcon se Edgars en Jet of dele daarvan te koop.

Daar is onlangs bespiegel dat dit die rede kan wees hoekom die groep aandele wil uitreik om kapitaal in te samel.

Mr Price-groep het op 20 Mei aangekondig hy wil magtiging van sy aandeelhouers kry om aandele uit te reik.

Die groep sê dis vir bates wat teen aantreklike waardasies in die huidige omgewing beskikbaar kan word, asook om sy bestaande ondernemings en nuwe konsepte wat begin is, uit te brei.

“Daar was bespiegeling in die mark dat die groep die kettingwinkelgroep Jet, van Edcon, as ’n moontlik teiken vir ’n verkryging beskou.

“Die maatskappy is nie van voorneme om Edcon, gedeeltelik of in geheel, te koop nie.”

Die maatskappy sê sy vereistes vir ’n potensiële verkryging is duidelik uit sy geskiedenis en is al voorheen met aandeelhouers gekommunikeer. Hy het nie weer uitgewei daaroor nie.

Die groep het bygevoeg sy huidige kontantbronne en skuldvry balansstaat verskaf genoeg ondersteuning vir die bestaande bedrywighede, insluitende potensiële ontwrigting wat op mediumtermyn kan ontstaan as gevolg van die Covid-19-pandemie.

Meer oor:  Jet  |  Edcon  |  Mrp  |  Edgars  |  Mr Price  |  Covid-19  |  Wins  |  Klerewinkel  |  Kleregroep  |  Resultate  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.