Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mr Price onttrek hom aan Nigerië

Die Mr Price-groep gaan hom aan Nigerië onttrek en beoog om sy laaste vyf winkels in dié land in die volgende paar maande te sluit.

Mr Price onttrek aan Nigerië.

Mark Blair, uitvoerende hoof, het tydens die aanbieding van die groep se resultate vir die boekjaar tot einde Maart gesê dié stap kom nadat hulle baie probleme in die land ondervind het.

Hy verkies om eerder te fokus op geleenthede wat ’n hoë impak het en waarmee hulle op lang termyn skaal en omvang kan bou en waar ’n wins gemaak kan word.

“Ek wil nie tyd of geld belê in so ’n onstabiele land nie. Ons het vroeër geld gemaak daar, maar ons het met te veel probleme te doen gekry soos om die geld uit die land te kry.”

Die Mr Price-groep het hom ook in die boekjaar aan Australië en Pole onttrek.

Volgens hom het hulle besluit om eerder hul aandag te fokus op Suid-Afrika waar hy histories buitengewone opbrengste getoon het en omdat hy die mark en die klante hier verstaan.

Hy sê die omvang van die kleinhandelsmark in Suid-Afrika is sowat R1 000 miljard. Die mark vir klere en huisware verteenwoordig R230 miljard daarvan en Mr Price se markaandeel is 10%. Hy glo dié markaandeel kan uitgebrei word.

Volgens hom kyk hulle ook na franchise-bedrywighede en waar kritieke massa nie bereik is nie, gaan dit beëindig word.

Die maatskappy het 133 winkels buite die land.

In geheel het lande buite Suid-Afrika 7,8% tot die groep se verkope bygedra. Nigerië het 4% daartoe bygedra, en sy verkope het in die jaar met 26% gedaal.

Die grootste bydrae (33%) kom uit Namibië. Dié land se verkope het in die boekjaar met 3,6% gedaal.

Botswana dra die naasmeeste by naamlik 24% en sy verkope het met 8% gestyg.

Die sterkste verkope was in Kenia waar die omset met 13,8% gestyg het. Die land dra 10% tot die verkope buite Suid-Afrika by.

Die ander lande in Afrika waar die Mr Price-groep is, is Swaziland, Zambië, Ghana en Lesotho.

Meer oor:  Mr Price  |  Covid-19  |  Likwidasie  |  Staat Van Inperking  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Sakeredding  |  Klere  |  Vlak 3  |  Klerekleinhandel  |  Vlak 4  |  Klerewinkels  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.