Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
M&R val 20% ná kommissie nee sê oor oorname

Dit is nie ’n goeie idee dat die Duitse beleggingsmaatskappy Aton vir Murray & Roberts (M&R) oorneem nie.

Dit is die bevinding van die Mededingingskommissie.

Murray & Roberts se hoofkantoor in Bedfordview, Johannesburg.Foto: Verskaf

Hy het Vrydag in ’n verklaring gesê sy navorsing toon dat sou Aton wel voortgaan om die konstruksiemaatskappy oor te neem, dit mededinging in die sektor negatief gaan beïnvloed.

Aton het reeds op 5 Junie 2018 ’n verpligte aanbod vir M&R ter tafel gelê.

Aton bied R17 per aandeel aan al die minderheidsaandeelhouers in M&R.

Aton is tans die grootste aandeelhouer in M&R met ’n belang van 33,66%.

Die Openbare Beleggingskorporasie, met ’n belang van 23,28%, is die tweede grootste aandeelhouer.

M&R se direksie het deurgaans voet by stuk gehou dat die aanbod te laag is en dat sy aandeel tussen R20 en R22 werd is.

Die kommissie sê in sy verklaring dat sou die oorname toegelaat word, ’n maatskappy gevorm sal word wat ander mededingers in die sektor sal “wurg”.

Die kommissie sê dit is ook duidelik dat M&R nie tans in finansiële nood is nie.

Daar is dus geen rede tot kommer dat M&R binnekort werkers uit diens gaan moet stel en dat ’n oorname deur Aton nodig gaan wees om die poste te behou nie.

“Gevolglik is Aton se verbintenis om werksgeleenthede te behou selfs nadat die Kusile- en Medupi-projekte afgehandel is, nie gelykstaande aan die behoud van werksgeleenthede of die skep van nuwe werksgeleenthede nie.

“M&R het geen probleme aangedui om sy huidige werknemers in die toekoms te behou nie.

“Selfs al sou die kommissie vind dat daar ’n kans bestaan dat M&R nie werknemers kan behou nie, sal die verbintenis daarop neerkom dat werksgeleenthede in elk geval behou word wat die kommissie sal verwag wanneer een maatskappy ’n ander oorneem as deel van ’n reddingspoging,” sê die kommissie.

M&R sê Vrydagmiddag in 'n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat hy eers die volledige verslag van die mededingingskommissie wil bestudeer voor hy verdere kommentaar lewer. Hy wys daarop dat Aton daarop geregtig is om appèl aan te teken. Indien nie, sal die aanbod weg val.

M&R se aandeleprys het Vrydag kort ná die kommissie se aankondiging met meer as 20% tot R11,01 op die JSE gedaal.

Meer oor:  Aton  |  Murray & Roberts  |  Mededingingskommissie  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.