Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
MTN vra hof se ingryping in Nigerië

MTN probeer ’n hofbevel in die federale hooggeregshof van Nigerië bekom om te keer dat beslag gelê word op sy bates in dié land.

MTN se winkel in die Maponya Mall in Johannesburg. Foto: Nadine Hutton, Bloomberg

Die geregtelike verbod word gevra teen die Sentrale Bank van Nigerië, wat eis dat MTN $8,1 miljard se geld wat glo onwettig landuit geneem is, aan die bank terugbetaal, en die land se prokureur-generaal, wat agterstallige belasting van $2 miljard eis.

MTN sê hy het die hof gevra om die twee owerhede te verbied om tot optrede oor te gaan terwyl MTN voortgaan om oor die bedrae te onderhandel. “Ons bly oortuig dat MTN Nigerië geen oortreding begaan het en sal sy posisie vuriglik verdedig.”

Boetes oor die geld wat MTN na Suid-Afrika oorbetaal het, is ook aan vier handelsbanke opgelê.

MTN sê hy sal meer inligting oor die hofsaak verskaf sodra dit beskikbaar is.

Meer oor:  Mtn  |  Nigerië  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.