Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mutual skuif teikens laer

Old Mutual het sy mediumtermyn-teikens almal aangepas te midde van wat hy beskryf as groter onsekerheid, en wisselvalligheid oor moontlike scenario’s van herstel.

Iain Williamson, uitvoerende hoof van Old Mutual.

Die finansiëledienstegroep het in die halfjaar tot einde Junie ’n toeskryfbare verlies van R5,621 miljard gely vergeleke met die wins van R5,817 miljard ’n jaar gelede.

Sy wesensverdienste is 28% laer op R4,215 miljard, en wesensverdienste per aandeel het met 25% tot 96,3c gekrimp.

Hy het sommer nou al gewaarsku dat sy verdienste vir die volle boekjaar tot einde Desember meer as 20% laer gaan wees as in 2019 weens die invloed van Covid-19.

Old Mutual het weens die onsekerheid nie ’n halfjaardividend verklaar nie, teenoor ’n jaar gelede se dividend van 45c per aandeel.

Iain Williamson, uitvoerende hoof van Old Mutual, is wel vol vertroue dat die groep genoeg likiditeit en sterk solvensieposisies in al sy gereguleerde filiale het. In alle scenario’s wat getoets is, sal die groep steeds positiewe kontantvloei geniet.

Maar die volgehoue druk op verbruikers het beteken minder polisse en beleggingsprodukte kon verkoop word. Die Covid-19-inperking het ook normale bemarkingskanale en toegang tot mense se huise en werkplekke ingekort.

Benewens dat kliënte in die tydperk eerder laerrisiko-produkte gekies het, het die daling in aandeelmarkte druk geplaas op Old Mutual se bategebaseerde tariewe, met ongerealiseerde markverliese in sy aandeleportefeuljes.

Old Mutual Insure het ook ’n toename in eise vir sake-ontwrigting gehad.

In die groep se bedrywighede in die res van Afrika was wins egter 27% beter danksy laer verliese in Wes-Afrika, en valutawins deurdat die rand verswak het teen ander Afrika-geldeenhede soos die Keniaanse sjieling en die Malawiese kwacha.

Williamson sê die groep maak steeds meer gebruik van robotika en kunsmatige intelligensie om die tyd te spaar wat aan prosesse en transaksies met kliënte bestee word.

Meer oor:  Old Mutual  |  Staat Van Inperking  |  Resultate  |  Versekeraars  |  Verlies  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.