Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Mutual-werker se motor brand uit

Korttermynversekeraars bereken nog die moontlike koste van die vernietigende brand teen die hange van Tafelberg.

Maar Lisette Lombard, kommunikasiebestuurder van Old Mutual Insure, het die brand reeds baie naby haar lyf gevoel. Haar motor is Sondag in die brand verwoes toe sy in die omgewing van die Rhodes-gedenkteken gaan draf het.

Dié foto wys 'n motor wat uitgebrand het in 2017 by Knysna. Miljarde rande se skade is gely in destyds se brande daar. Sondag het 'n werknemer van die versekeraar Old Mutual Insure self die skade van die jongste brande teen Tafelberg aan haar lyf gevoel toe haar motor uitgebrand het. Foto: DEON RAATH

Lombard was nog teen die hange van die berg by die King’s blokhuis toe sy die rook sien. Sy vertel sy het eers die uitsig geniet en nog gedink alles is in orde, toe sy vyf minute later sien hoe vinnig die brand versprei het. Toe sy afhardloop om te kyk of haar motor veilig is, het sy ontploffings gehoor en net vlamme gesien.

“Ek het geen idee gehad wat om te doen of waarheen om te hardloop nie. Ek het nie tyd gehad om ’n noodnommer op te soek nie, en het via ’n intydse video op Twitter vir hulp gevra.”

Hoewel sy betyds na veiligheid kon kom, wens sy meer mense het geweet presies wat om te doen as hulle in die omgewing van so ’n brand beland.

Wenke as jy in ’n bosbrand vasgevang is:

1. As jy buite is, besig met ’n staptog, en besef jy kan in die moeilikheid wees, bedek hou neus en mond met ’n nat handdoek of kledingstuk. As jy nie weet in watter rigting om te hardloop nie of nie kan bepaal van waar die vuur kom nie, soek na ’n oop stuk grond sonder enige plantegroei. As jy van ’n dam of plek met water weet, probeer daar uitkom sodat dit tussen jou en die brand is. Alternatief moet jy ’n sloot of lae punt op die grond soek. Lê laag en bedek jou lyf met enigiets soos nat klere, grond of modder. Bel nooddienste en lig jou vriende en familie in van jou posisie. Neem die impak van die wind in ag.

2. As jy tuis is, bly kalm en bly bymekaar. Vul alle wasbakke en baddens met koue water. Hou deure en vensters toe maar moet dit nie sluit nie. Beweeg meubels en gordyne weg van deure en vensters. Indien dit veilig is, gebruik ’n tuinslang of sproeier om die huis se mure en die dele om die huis nat te maak. Beweeg so ver moontlik weg van vlambare goed soos gasbottels, of sluit dit weg in ’n aparte kamer.

3. As jy in jou motor is, ry na ’n plek so ver as moontlik weg van plantegroei. Maak vensters en luggate toe, want rook wat kan inkom is dikwels die eerste ding wat mense skade aanrig of kan doodmaak eerder as vlamme. Lê plat op die vloer van die motor en bedek jou met klere of komberse en bel vir hulp. Stuur jou posisie aan jou geliefdes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.