Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘My miljoene tel nie as salaris nie,’ sê Dudu
Lede van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) betoog buite die hooggeregshof in Pretoria teen Dudu Myeni, wat Vrydag onder kruisverhoor is. Foto: William Horne

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), sê haar posisie op talle direksies tel nie as indiensneming nie en sy is weliswaar “werkloos”.

Myeni het Vrydag tydens kruisondervraging in die hooggeregshof in Pretoria getuig dat sy sedert 2017 sowel werkloos as sonder ’n “inkomste” is. Dis hoekom sy tot dusver nie opgedaag het vir die hofsaak waarin daar aansoek gedoen word om haar tot misdadige direkteur te verklaar nie.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en die SAL- Vlieëniersvereniging (Saapa) het die hofaansoek reeds in Maart 2017 gebring, maar Myeni het keer op keer verseker dat die saak uitgestel word, onder meer weens haar “onvermoë” om hofverrigtinge te kan bekostig of selfs om vervoer na die hof te kry.

“So jy het niks van die minstens meer as R7 miljoen wat jy in 2017 verdien het, opsy gesit vir petrolgeld nie?” het adv. Caroline Steynberg SC, vir Outa en Saapa, Vrydag gevra.

Myeni voer egter aan dat die meer as R4 miljoen wat sy by die SAL in 2017 as voorsitter verdien het, plus die R3,45 miljoen wat sy as direkteur van die Mhlathuze-waterraad verdien het, “nie ’n salaris is nie”.

Sy het nie gedink sy moet van dié geld wegsit vir as “iemand soos Outa” haar eendag sou dagvaar nie.

Sy was ook direkteur van verskeie ander direksies.

“Daai geld was nie vir ’n hofsaak bedoel nie!” het Myeni in ongeloof gesê.

Sy was geskok om te verneem dat ’n direkteur as individu aangekla kan word en het dus “geen rede” gehad om geld vir so iets opsy te sit nie.

Donderdag, toe Myeni vir die eerste keer in die hof verskyn het, het sy aangevoer sy is ’n “deskundige van regering en bestuur” danksy haar posisie op sowat 15 direksies.

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugddiens, Donderdag in die hooggerregshof in Pretoria.Foto: William Horne

Sy voer aan dit is ongehoord vir ’n direkteur om as individu aangekla te word en sy het nie geweet haar regsversekering by die SAL sou nie sulke regstappe dek nie.

Sy is in 2017 deur AIG-versekeraars afgekeur, wat vir SAL-direkteure en -bestuurslui regsverteenwoordiging deur ENS Africa bied vir maatskappyverwante sake.

“Ek dog dan jy is ’n kenner van hoe direksies werk?” vra Steynberg. “So jy het nie geweet daar is voorwaardes vir jou versekering nie?”

Myeni sê sy het nooit gedink dit was moontlik dat sy vir iets buite die voorwaardes van die polis aangekla kon word nie.

“Ek het verwag jy sou weet, as ’n kenner van direksies, dat die Maatskappywet op verskeie plekke daarvoor voorsiening maak dat ’n direkteur persoonlik aanspreeklik gehou kan word,” het Steynberg gesê.

Volgens Steynberg is Myeni al vantevore persoonlik aanspreeklik gehou vir haar werk as direkteur op ander direksies en is diensooreenkomstig gestraf.

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Dudu Myeni  |  Maatskappye  |  Hofsaak  |  Outa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.