Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Myeni hoor Maandag oor nuwe aansoek
Dudu Myeni. Foto: City Press

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), sal na verwagting Maandag hoor of sy haar pleidooi mag verander in die hofsaak om haar as misdadige direkteur te laat verklaar.

Maandag, toe dié saak moes hervat, was Myeni weer nie in die hof nie.

Nqabayethu Buthelezi, haar advokaat, was wel daar.

Hy het toe haar versoek ingedien om haar pleidooi te verander én om al die ander direkteure wat saam met haar op die SAL se direksie gedien het, by die saak in te sluit.

Fin24 berig dat regter Ronel Tolmay uitspraak voorbehou het.

Luidens Myeni se aansoek het daar “nuwe feite” op die lappe gekom sedert haar oorspronklike pleidooi wat sy in 2017 ingedien het.

Sy glo dié feite regverdig dat die ander direkteure van die SAL óók saam met haar aangekla moet word.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en die SAL-vlieëniersvereniging, wat die saak saam aanhangig gemaak het, staan die versoek teen.

Outa sê hy beskou dié versoek as niks anders nie as ’n poging om die saak teen Myeni weer te vertraag.

Outa wys daarop dié versoek kom twee jaar nadat pleitstukke afgesluit is.

Die saak word in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.