Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
’n Allemintige triljoen werd: Eers Apple en nou Amazon

Die Amerikaanse aanlyn handelsgroep Amazon het Dinsdag die tweede maatskappy geword wat ’n allemintige triljoen dollar in waarde kon bereik.

The Guardian berig dat Amazon dié topposisie op die Amerikaanse aandelemark beklee nadat die tegnologiereus Apple dit ’n paar week gelede bereik het.

Om hierdie mylpaal te behaal is die nuutste hoofstuk in die verstommende suksesverhaal van ’n maatskappy wat deur die sakeman Jeff Bezos in 1994 in Seattle, Amerika, op die been gebring is en nou sy stempel oral afdruk – van kleinhandel en inkopies tot die stroming van video – met ’n inkomste van $178 biljoen per jaar.

Volgens Forbes het Amazon se sukses Dinsdag daartoe bygedra dat Bezos die rykste man ter wêreld geword het met ’n waarde van meer as $167 miljard.

Die maatskappy wat aanvanklik net op die aanlyn verkope van boeke en CD’s gefokus het, maak nou merendeels sy wins deur die aanbieding van webblaaie soos Airbnb, Netflix en Unilever. Amazon-webdienste is ook die gunsteling om ’n tamaai rekenaarkontrak ter waarde van $10 miljard by die Amerikaanse departement van verdediging los te slaan.

Meer oor:  Amazon  |  Apple  |  Ikt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.