Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ná Nigerië sluit Shoprite ook winkel in Kenia
A customers carries a Shoprite-branded shopping ba
Die Shoprite-groep gaan 115 werknemers aflê en nog ’n winkel in Kenia sluit. Foto: Getty Images

Die Shoprite-groep gaan 115 werknemers aflê en nog ’n winkel in Kenia sluit.

Dié winkel in ’n winkelsentrum in Mombasa word ’n jaar ná sy opening gesluit en dit is die tweede winkel wat vanjaar in dié land toegemaak word. Nog twee bly oor.

Die nuus kom nadat die groep ook vroeër die week aangekondig het dat hy begin met ’n formele proses om sy hele belang of ’n meerderheidsbelang in sy filiaal in Nigerië te verkoop.

Shoprite het einde Julie in ’n brief aan ’n vakbond in Kenia gesê die winkel in die Nyali-winkelsentrum word op 31 Augustus gesluit.

Shoprite het in reaksie op navrae gesê al sy ondernemings in Afrika word op grond van hul vertoning en die vooruitsig van die winkels geëvalueer.

Nog ’n winkel is in April in Kenia gesluit nadat dit verlede jaar September geopen is.

Sy eerste supermark is in Desember 2018 in Kenia geopen.

Die groep het nog in Julie verlede jaar gesê hy byt nog vas met sy planne op die vasteland.

LEES OOK: Shoprite skrik (steeds) nie vir ‘onverbiddelike Afrika’

Dit is egter welbekend dat die omstandighede in Nigerië moeilik is.

Mr Price het ook in Junie aangekondig dat hy hom aan die land onttrek. Die groep het nog vroeër vanjaar met die aankondiging van die halfjaarresultate aan beleggers gesê hy bly verbind tot die vasteland “maar nie tot elke prys nie” en beperk sy toekomstige uitbreiding terwyl alle opsies met betrekking tot alternatiewe bedryfsmodelle oorweeg word.

Die maatskappy het vandeesweek gesê die besluit oor Nigerië is geneem in ooreenstemming met die hersiening van sy bedryfsmodel daar. – Reuters, bygewerk

Meer oor:  Shoprite  |  Kenia  |  Afleggings  |  Supermark  |  Winkelgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.