Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Naam van SA se nuwe private lugdiens is . . .
Suid-Afrika se nuwe lugdiens, wat na verwagting in Desember in bedryf gaan wees, se naam is Lift. Foto: Unsplash

Suid-Afrika se nuwe private lugdiens, wat hoop om teen Desember in bedryf te wees, heet Lift.

Gidon Novick, wat kulula.com in 2001 tot stand gebring het maar dit intussen verlaat het, het Donderdag die lugdiens se naam bekend gemaak.

Suid-Afrikaners se hulp is ingeroep om met ’n kreatiewe naam daarvoor vorendag te kom. Volgens Novick is meer as 25 000 voorstelle ontvang voordat daar uiteindelik op Lift besluit is.

Kreatiewe inskrywings soos Djyrynie en Planey McPlaneface het ongelukkig nie die paal gehaal nie, het Novick aan Business Tech gesê.

Daar was ook “inspirerende” voorstelle soos Ubuntu Air en FlyMzansi. Lift is gekies omdat dit relevant is tot ’n lugdiens, uniek en maklik is om te onthou, sê Novick.

Agt mense het onafhanklik van mekaar Lift as voorstel ingedien.

Daar was ’n groot prys op die spel, insluitende ’n jaar se gratis vliegtuigkaartjies op die nuwe lugdiens ter waarde van R480 000. Die agt mense gaan nou die prys onder mekaar deel, sê Novick.

Lift sal volgens beplanning in Desember die eerste keer opstyg met twee vliegtuie en vier of vyf retoervlugte tussen Johannesburg en Kaapstad, het Novick vroeër vandeesmaand aan Rapport gesê.

Hy beskryf Lift as die “Capitec van lugdienste” en die “Uber van die lugruim”.

Die aanlyn taxidiens Lyft, ’n variasie van die woord Lift, is een van Uber se grootste mededingers in Amerika.

Met ’n lae kostebasis, geen historiese probleme wat hom terughou nie en drie plaaslike lugdienste in die knyp, glo Novick die tyd is ryp om nou die mark te betree.

Lift sal nes FlySafair en kulula.com ’n laekostelugdiens wees. Die lugdiens het reeds die domeinnaam lift.co.za geïn, maar aanvaar nog geen besprekings nie.

Lift word privaat gefinansier in samewerking met Global Aviation, ’n bestaande onderneming wat verskeie vliegtuie besit en dit aan ander plaaslike lugdienste verhuur.

Meer oor:  Kulula.Com  |  Lift  |  Lugdienste  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.