Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nampak nou amptelik van glas-afdeling ontslae
Nampak Glass se Roodekop-aanleg in Germiston aan die Oos-Rand vervaardig glasbottels wat hier rooi gloei van die hitte tydens die vervaardigingsproses. Foto: Getty Images

Nampak Glass is nou amptelik verkoop en die moedermaatskappy wag op hete kole vir die broodnodige betaling aan hom.

Nampak sê Vrydag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat die finale reëlings nou getref is en dat Nampak Glass nou amptelik aan Isanti Glass 1 behoort.

Die betaling van R1,5 miljard sal na verwagting in kontant voor die einde van Nampak se halfjaar op 31 Maart aan hom gemaak word.

Vir Nampak, wat ’n verlies van R390 miljoen vir die jaar tot einde September gely het, is die broodnodige kontantinspuiting nie ’n oomblik te vroeg nie.

Hy sê die geld sal hoofsaaklik gebruik word om ’n gat in veral sy dollar-gedenomineerde skuld te maak.

Nampak se skuldlas is vir hom kommerwekkend en het onder meer veroorsaak dat hy nie ’n dividend in November met sy jaarresultate kon betaal nie. Die direksie het daarteen besluit totdat die maatskappy sy skuldvlakke “aansienlik” kan verlaag.

Die waarde van Nampak Glass se netto bates en laste is volgens die maatskappy eintlik R1,73 miljard wanneer die verliese afgetrek is. Hy verkoop dus die afdeling teen ’n diskonto van 15%.

Maar vir Nampak was die einddoel nog altyd om sy berg skuld te takel sonder om van sy winsgewendste afdelings te verloor.

Isanti, die koper van Nampak Glass, is 60% in die besit van Kwande Capital, ’n beleggingsmaatskappy in swart besit, en 40% in die besit van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB).

Meer oor:  Nampak  |  Maatskappye  |  Verpakking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.