Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nando’s in sop oor ‘rassistiese’ kunswerk

Die kitskosgroep Nando’s moes in Brittanje verskoning vra aan klante wat ’n kunswerk teen ’n nuwe restaurant se muur as rassisties ervaar het.

BirminghamLive berig die nuwe Nando’s-restaurant in Birmingham was skaars ’n dag oop toe hy reeds talle klagtes oor die “rassistiese kunswerk” teen sy muur ontvang het.

Die kunswerk getitel ‘A half a loaf is better than none’ deur Khaya Sineyile wat op Africanah.org verskyn.

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Khaya Sineyile het die kunswerk vir Nando’s geskep. Dit toon vier swart mense in ’n broodrooster. Die kunswerk beeld “die verreikende gevolge van ongelykheid in Suid-Afrika uit”.

Die restaurant het egter ná talle klagtes die kunswerk getiteld A half a loaf is better than none verwyder.

BirminghamLive het Wayne Yafai (33) aangehaal wat sê hoe seergemaak hy gevoel het toe hy die kunswerk sien. “Ek het dit as kwetsend ervaar. Ek is van gemengde afkoms, half Arabies, half Engels.” Hy het foto’s van die kunswerk geneem en aan swart vriende gewys wat gemeen het dis rassisties.

’n Woordvoerder van Nando’s het aan dié webtuiste gesê die kunswerk is verwyder ná die klagtes. “As ’n trots Suid-Afrikaanse handelsnaam is ons die grootste versamelaar van Suider-Afrika kuns en elke Nando’s-restaurant toon oorspronklike kunswerke van kunstenaars van ons tuisland. Die werk beeld dikwels die geskiedenis van Suid-Afrika uit en lewer kommentaar op die huidige maatskaplike situasie.”

Volgens hom het Sineyile van New Crossroads in Nyanga in Kaapstad ongelykheid uitgebeeld. “Khaya poog om gesprekke te begin oor kwessies wat dikwels geïgnoreer word deur die gebruik van gewone huishoudelike voorwerpe in naasmekaarstelling met sy onderwerpe. Ons verstaan dat kuns subjektief is, en sonder konteks kan die kunswerk verkeerd vertolk word. Ons vra verskoning vir enige gevoelens wat hierdie kunswerk seergemaak het.”

Lees ook hoe Business Insider South Africa daaroor berig het.

Sien ook op die webtuiste Africanah.org meer van sy kunswerke. - Saamgestel deur Nellie Brand-Jonker

Meer oor:  Nando's  |  Khaya Sineyile  |  Birmingham  |  Kunswerk  |  Rassisties  |  Rassisme  |  Kunstenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.