Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Naspers belê R120 m. in digitale versekeraar

’n Twee jaar oue versekeraar het ’n groot belegging van Naspers se beleggingsmaatskappy wat beleggings in jong tegnologiemaatskappye maak, ontvang.

’n Verbruiker kan binne 90 sekondes ’n finale kwotasie vir motor- of huisinhoudversekering van Naked kry. Dit neem net drie minute om in te teken. Foto: Verskaf

Naspers Foundry het R120 miljoen in Naked belê, wat net aanlyn toegang aan verbruikers tot versekering vir motors, huise en ander items gee.

Dit is die tweede belegging binne ’n maand van Naspers Foundry in ’n onderneming in die versekeringsbedryf wat nuwe tegnologie gebruik om verbruikers te bereik.

Die belegging is deel van R1,4 miljard wat Naspers wil belê in Suid-Afrikaanse tegnologiemaatskappye wat nog in hul babaskoene is.

Naked gebruik kunsmatige intelligensie en outomatisering om ’n “nuwe soort ervaring met versekering” aan verbruikers te gee.

Die onderneming se stelsel en prosesse is nog jonk en het nie die oorgeërfde probleme wat dikwels in gevestigde finansiëledienstemaatskappye se stelsel bestaan nie.

Die idee is dat verbruikers voordeel trek uit die laer koste van dié soort versekering en dat hulle meer beheer oor die proses het.

Phuthi Mahanyele-Dabengwa, uitvoerende hoof van Naspers in Suid-Afrika. Foto: Verskaf

Phuthi Mahanyele-Dabengwa, Suid-Afrikaanse uitvoerende hoof van Naspers, sê Suid-Afrikaners is geneig om te min versekering te hê.

“Dit is dikwels weens die prys daarvan, maar verbruikers vertrou ook nie versekering nie en die ingewikkeldheid daarvan lei tot misverstande oor versekering.”

Sy sê Naked se aanbod is gerieflik, deursigtig en die kostebesparing met sy innoverende tegnologie word aan verbruikers deurgegee in die vorm van laer premies.

“Dit verbeter verbruikers se toegang tot finansiële produkte en ondersteun Naspers Foundry se doelwit om in tegnologiemaatskappye te belê wat ’n positiewe impak op die samelewing het,” sê Mahanyele-Dabengwa.

Naked is in 2018 deur die aktuarisse Alex Thomson, Sumarie Greybe en Ernest North begin.

Alex Thomson, medesitger van Naked.
Alex Thomson, medesitger van Naked.

“Ons het ’n lang pad gekom sedert ons begin om dié doelwitte te bereik, insluitende dat versekeringsdekking binne sekondes aanlyn gekoop kan word,” sê Thomson.

“Dit is net die begin van ons reis om versekering te herontwerp.”

Fabian Whate, hoof van Naspers Foundry, sê Naked gaan as ’n pionier van nuwegenerasie-versekering ondersteun word. “Dit pas in by ons fokus op tegnologiemaatskappye wat doelwitgedrewe is.”

Hy sê Naspers Foundry het ’n gesonde pyplyn van potensiële beleggings.

Die bestaande beleggers in Naked, Yellowwoods en Hollard, het ook in die beleggingsronde van totaal R160 miljoen deelgeneem.

Meer oor:  Naspers Foundry  |  Beleggings  |  Naspers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.