Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Naspers koop R22,4 mjd. se aandele terug

Die internetgroep Naspers het sy aandeelterugkoopprogram afgehandel en in die proses meer as 9 miljoen aandele teen R22,4 miljard teruggekoop.

A logo of Naspers Ltd. sits on the side of the hea
Naspers se hoofkantoor in Kaapstad. Foto: Getty Images

Die aandele wat teruggekoop is, is gekanselleer en die notering daarvan geskrap. Dit laat Naspers nou met sowat 435,5 miljoen gewone uitgereikte N-aandele.

Die aandeelterugkoopprogram is op 22 Januarie begin en op 24 Maart afgehandel, het die groep op die JSE se Sens-nuusdiens aangekondig.

Naspers se aandeelprys was Maandag 3% sterker op R2 618,26.

Die aantal aandele wat teruggekoop is, verteenwoordig sowat 2% van die groep se uitgereikte aandele voordat daar met die program begin is.

Die doel van die terugkoopprogram was om waarde vir aandeelhouers te ontsluit toe hy van sy Prosus-aandele verkoop het. Prosus is die internasionale internetbelange van Naspers wat verlede jaar afsonderlik op die JSE en in Amsterdam genoteer is. Die program het volgens Naspers sowat R3,3 miljard se waarde vir aandeelhouers ontsluit.

Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers.

Meer oor:  Prosus  |  Naspers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.