Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nedbank 9% hoër ná nuus oor sterk wins

Nedbank se aandeelprys het Donderdagoggend met 9% opgeskiet ná ’n baie positiewe handelsverklaring wat hy Woensdag ná die marksluiting uitgereik het.

Dit was die grootste styging Donderdagoggend op die JSE se indeks van top40-aandele. Nedbank het in ’n stadium teen R188,16 verhandel, ’n hoogtepunt vir die jaar.

Nedbank se wins vir die ses maande tot einde Junie gaan skerp styg. Foto: Getty Images

Nedbank sê in die handelsoorsig vir die halfjaar tot einde Junie hy is nou redelik seker sy wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 145% en 150% styg vergeleke met die ooreenstemmende tydperk ’n jaar gelede.

Die verdienste per aandeel sal na verwagting met tussen 297% en 302% styg.

In die vorige handelsoorsig, wat op 23 Junie uitgereik is, was die verwagting dat dié syfers “met meer as 100%” sou styg.

Nedbank se syfers vir die ooreenstemmende halfjaar verlede jaar – die halfjaar waarin die koronavirus-pandemie die land getref het – het gewys hoe skerp slegte skuld onder sy kliënte gestyg het. Sy wins het skerp gedaal weens ’n wesenlike verhoging in afskrywings, maar hy het winsgewend gebly.

Nedbank het nie in die vorige boekjaar ’n tussentydse of slotdividend verklaar nie.

Hy het in Maart met die uitreiking van sy jaarresultate gesê hy verwag om dividendbetalings in die halfjaar te hervat.

Nedbank reik op 11 Augustus sy halfjaarresultate uit.

Meer oor:  Nedbank  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.