Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Dié banke betaal steeds dividend

Nedbank en Absa gaan wel hul aandeelhouers, soos belowe, met ’n dividend beloon, selfs te midde van die onsekerheid wat die Covid-19-krisis skep.

FirstRand, moedermaatskappy van FNB, het sy dividende Maandag uitgekeer, maar Standard Bank besin nog of hy die dividend wat hy verklaar het, wel gaan betaal.

Nedbank sê Woensdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, hoewel hy kennis neem van die Omsigtigheidsowerheid van die Reserwebank se versoek dat banke dividende aan gewone aandeelhouers en kontantbonusse aan uitvoerende direkteure heroorweeg, gaan hy steeds die dividend betaal wat hy op 3 Maart verklaar het.

Nedbank se aankondiging volg op dié van Standard Bank wat Dinsdag gesê het hy oorweeg nog wat om te doen met die dividend wat hy reeds verklaar het.

LEES OOK: Standard Bank ‘dink weer’ oor sy dividend

Die bank sê sy interpretasie van die versoek is dat dit onderskeid tref tussen dividende wat reeds verklaar is en dus betaalbaar is; en dié wat nog in die toekoms verklaar moet word.

“As gevolg van hierdie mening, verwag Nedbank dat die slotdividend vir 2019 van R6,95 per gewone aandeel op Maandag 20 April 2020 betaal sal word in ooreenstemming met die aankondiging wat op 3 Maart gemaak is. Toekomstige dividendverklarings en verwante uitkerings sal beïnvloed word deur die riglyne soos aangekondig en vir so lank as wat dit geld.”

Die bank sê hy sal aandeelhouers op hoogte hou van verdere besluite oor die kwessie.

Nedbank het Woensdag bykans 1% hoër teen R104,79 op die JSE verhandel.

Absa het ook Dinsdag in 'n verklaring op Sens gesê dat hy voorgaan om sy finale dividend soos wat reeds verklaar is op 17 April gaan betaal. 

'n Dividend van R6,20 per dividend vóór dividend belasting, sal uitgekeer word.

Absa gee dieselfde redes oor hoekom hy steeds die dividend gaan betaal as wat Nedbank gee.

FirstRand, waarvan FNB deel vorm, het nog geen aankondiging oor dié kwessie gemaak nie, grootliks omdat die tussentydse dividend van R1,46 per aandeel reeds Maandag uitbetaal is.

Capitec reik volgende week sy resultate uit en sal waarskynlik dan aankondig of hy ’n dividend gaan uitkeer.

Meer oor:  Nedbank  |  Reserwebank  |  Covd-19  |  Banke  |  Dividend
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.