Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só werk Nedbank-ontknoping

Vir elke 100 Old Mutual-aandele wat beleggers besit, sal hulle eersdaags 3,21176 Nedbank-aandele ontvang. Enigeen wat op 12 Oktober aandele in Old Mutual hou, kwalifiseer vir die Nedbank-aandele.

Breukdele van aandele sal op die vrye mark verkoop word en aandeelhouers sal in die plek daarvan kontant kry in ooreenstemming met Nedbank se aandeelprys op 10 Oktober. 

Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank.

Old Mutual het Woensdag aangekondig die ontknoping van 32% van sy belang in Nedbank sal teen 15 Oktober afgehandel wees – selfs vroeër as sy mikpunt van einde November wat hy op 31 Augusuts met die uitreiking van sy tussentydse syfers voorsien het.

Die ontknoping is die heel laaste stap in die ontknoping van die Britse beheermaatskappy Old Mutual plc se vier afdelings wat in Maart 2016 begin is.

Dit beteken meer as 80% van Nedbank se aandele sal binnekort vryelik verhandelbaar wees, teenoor sowat 45% tans. 

Old Mutual behou ’n minderheidsbelang van 19,9% in Nedbank.

Die waarde van die ontknoping is nagenoeg R43,2 miljard.

Volgens Old Mutual plc hou die ontknoping geen belastingimplikasies in vir Suid-Afrikaanse aandeelhouers wat in die land woon nie. Die aandele word ingevolge art. 46(1) van die Inkomstebelastingwet as ’n ontknopingstransaksie beskou, wat nie ’n belasbare gebeurtenis is nie; geen inkomste-, dividend- of kapitaalwinsbelasting is ter sprake nie.

Die ontknoping van Old Mutual plc is in Junie wesentlik voltooi met die notering van Old Mutual Bpk. op die JSE en van Quilter, sy Britse welvaartsarm, in Londen en Johannesburg.

Old Mutual het sy beherende belang in Nedbank in 1986 bekom.

Nedbank is nou Suid-Afrika se derde grootste bank (ná Standard Bank en FNB) volgens markwaarde en vierde grootste volgens wesensverdienste.

Meer oor:  Nedbank  |  Old Mutual  |  Peter Moyo  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Finansiële Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.