Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nedbank-glips tref ook Standard-kliënte

Dit blyk Standard Bank-kliënte is ook geraak deur die fout verlede week by betaalpunt-masjiene van Nedbank.

standard bank
'n Kliënt verlaat 'n tak van Standard Bank in Rosebank, Johannesburg. Foto: Getty Images

Kliënte van Standard Bank het Saterdag ’n SMS-boodskap ontvang wat hul inlig dat die bank bewus is van dubbele aftrekkings op hul krediet- of debietkaart. “Ons is in konsultasie met die bank wat verkeerdelik die dubbele aftrekkings verwerk het. Dit sal reggestel word en binne 48 uur omgekeer word. Ons vra om verskoning vir die ongerief,” lui die boodskap van Standard Bank.

Dit kom nadat Capitec op sy beurt Vrydag vir sy kliënte wat geraak is, ingelig het dat hy bewus is van die tegniese kwessie waardeur dubbele aftrekkings gedoen is wanneer hulle Nedbank-betaalmasjiene gebruik het. Daar was ook dubbele aftrekkings wanneer ’n Capitec-kliënt kontant by ’n Nedbank-kitsbank onttrek het. Capitec het Vrydagmiddag bevestig die fout was by Nedbank en dat dit tot 24 uur kan duur om reg te stel omdat sekere prosesse gevolg moet word.

Nedbank het Vrydag erken daar was ’n fout met sy stelsels wat veroorsaak het dat transaksies wat Maandag gedoen is, teen Vrydag weer afgetrek is. Volgens Capitec sou die fout binne 24 uur reggestel word.

Meer oor:  Nedbank  |  Capitec  |  Standard Bank  |  Banksektor  |  Kitsbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.