Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nedbank se ontknoping afgehandel

Nedbank se ontknoping van Old Mutual is vandag voltooi.

Nedbank se ontbondeling van Old Mutual is op 15 Oktober voltooi.

Old Mutual het 32% van sy belang in Nedbank aan sy aandeelhouers ontknoop en hou nou ’n belang van 19,9%.

Dis die laaste stap in die herstrukturering van Old Mutual, wat meer as twee jaar gelede begin is.

Old Mutual-aandeelhouers ontvang 3,21176 gewone Nedbank-aandele vir elke 100 Old Mutual-aandeel wat hulle besit. Breukdele van aandele sal egter op die vrye mark verkoop word en aandeelhouers sal in die plek daarvan kontant kry in ooreenstemming met Nedbank se aandeelprys op 10 Oktober.

“Old Mutual glo die bestuurde skeiding het beduidende langtermynwaarde vir sy aandeelhouers ontsluit. Die skeiding stel elkeen van die ondernemings – Old Mutual, Quilter (voorheen Old Mutual Wealth, die Britse filiaal), BrightSphere Investment Group (voorheen Old Mutual Asset Management, die Amerikaanse filiaal) en Nedbank – in staat om onafhanklik binne hul onderskeie plaaslike markte werksaam te wees en te fokus op hul individuele ondernemings, vry van die koste en beperkings van ’n groter groepstruktuur.

“Elkeen van die ondernemings het nou makliker toegang tot kapitaalmarkte om groeigeleenthede te finansier en kan meer toepaslik gewaardeer word.”

Nedbank sal in die JSE se top-40-indeks bly, maar ’n baie groter persentasie aandele is nou verhandelbaar – 74,2% pleks van 43,3% voorheen.

’n Kapitaalterugbetaling is op 10 Oktober op Old Mutual toegepas wat die waarde van die ontknoping weerspieël. Geen verdere veranderinge sal uit die ontknoping voortspruit nie.

Old Mutual se vryverhandelbare aandele verhoog tot 72%, vergeleke met 61,5% vantevore.

Old Mutual se aandeelprys het net ná die opening van die JSE met 0,09% tot R22,04 gedaal en Nedbank s’n met 0,26% tot R244,20.

Meer oor:  Nedbank  |  Old Mutual  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Finansiële Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.