Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nedbank skuif stoele voor Old Mutual-ontknoping

Bruce Hemphill, Old Mutual se uitvoerende hoof, gaan nie meer as nie-uitvoerende direkteur in die direksies van die Nedbank Groep of Nedbank Bpk. dien nie.

Bruce Hemphill, uitvoerende direkteur van Old Mutual. Foto: Christiaan Kotze

Hy word deur Peter Moyo, uitvoerende hoof van Old Mutual Bpk., vervang.

Dié verandering is deel van Old Mutual se ontknoping waarmee in Maart 2016 begin is, het Nedbank Woensdag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens gesê.

Old Mutual plc is tans die beheermaatskappy van Nedbank.

Old Mutual Bpk., die nuwe onderneming wat in Suid-Afrika gesetel is, asook Quilter, wat die groep se Britse

bedrywighede gaan huisves, gaan op sowel die JSE as die Londense aandelebeurs genoteer wees, soos wat tans die geval met Old Mutual plc is.

Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank, het voorheen gesê Old Mutual Bpk. sal steeds ’n strategiese aandeelhouer in Nedbank bly om onderlinge samewerking tussen die twee te steun.

Meer oor:  Nedbank  |  Old Mutual  |  Mike Brown  |  Peter Moyo  |  Bruce Hemphill  |  Bankbedryf  |  Batebestuursfirmas  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.