Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nedbank waarsku ook oor groot daling in wins
Nedbank se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Argief

Nedbank waarsku dat sy wins vir die ses maande tot einde Junie met tot 72% kan daal.

Die bank sê Donderdag in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat hy verwag sy wesensverdienste per aandeel gaan tussen R4,02 en R4,74 wees. Dit is tussen 67% en 72% laer as ’n jaar tevore.

Wat betref verdienste per aandeel verwag hy dat dit tussen R2,27 en R2,98 gaan wees, oftewel tussen 79% en 84% laer as ’n jaar tevore.

Die rede vir die verskil, volgens Nedbank, is hoofsaaklik weens ’n ekstra R750 miljoen se waardedaling wat die groep aangeteken het wat betref die drawaarde van sy belegging in Ecobank Transnational in Nigerië.

Nedbank sê die groot rede hoekom sy wins na verwagting so drasties gaan daal, is omdat daar beduidend minder transaksies was toe die staat van inperking strenger was, en omdat hy verwag dat slegte skuld gaan toeneem.

Hy maak voorsiening vir ’n addisionele R2,9 miljard se slegte skuld vir dié periode.

Nedbank se verwagte daling in wins is beduidend meer as dié van Standard Bank.

Standard Bank het Donderdag aangekondig dat sy wins met 44% gedaal het weens die impak van die pandemie op sy bedrywighede.

Die bank maak voorsiening vir swak skuld van R11,3 miljard.

LEES OOK: Pandemie kos Standard Bank miljarde

Nedbank sê hy het gedurende die pandemie reeds meer as 375 000 kliënte met betaalvakansies en ander ooreenkomste gehelp. Die totale waarde van al dié hulp beloop R119 miljard.

Gegewe die huidige omstandighede het hy besluit om nie ’n tussentydse dividend uit te keer nie.

Die bank se aandele het Vrydag bykans 3% hoër op die JSE teen R103,33 verhandel.

Meer oor:  Nedbank  |  Resultate  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Covid-19  |  Bankwese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.