Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nedbank: Wins kan met 74% daal

Die Nedbank-groep, wat die gelyknamige bank besit, verwag sy basiese wins per aandeel gaan vir die boekjaar tot einde Desember met tussen 69% en 74% daal vergeleke met die ooreenstemmende tydperk.

Nedbank se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Argief

Die kernwins per aandeel gaan na verwagting met tussen 55% en 60% daal.

Die groter daling in basiese wins per aandeel hou verband met verskeie afskrywings.

Dit sluit in die R750 miljoen-afskrywing van die groep se belegging in Ecobank Transnational Incorporated (ETI), soos met sy halfjaarresultate bekend gemaak is.

Dit hou ook verband met Nedbank se deel van die afskrywing wat ETI self aan sy eie klandisiewaarde aangebring het van R528 miljoen.

Nog ’n rede vir die laer wins is die R345 miljoen-afskrywing van Nedbank se eie klandisiewaarde as gevolg van die swak bedryfsomgewing gegewe die impak van Covid-19.

Die groep sê sy onderliggende finansiële prestasie is in ooreenstemming met wat op 2 Desember aan die mark gesê is.

Sy balansstaat bly likied en goed gekapitaliseer op vlakke bo die minimum teikens wat die direksie goedgekeur het asook bo die minimum regulatoriese vereistes.

Beleggers hou asem op om te hoor of Nedbank ’n dividend gaan verklaar.

Banke mag weer dividende en bonusse van topbestuur hervat nadat die Reserwebank sy aanbeveling daaroor verander het.

John Storey, ’n aandele-ontleder van JP Morgan in Johannesburg, het in Februarie aan Bloomberg gesê hy verwag Nedbank gaan waarskynlik wag vir die halfjaar om ’n dividend te verklaar.

Sy aandeelprys het Vrydag nie veel gereageer op die handelsoorsig nie.

Sy jaarresultate word op 17 Maart uitgereik.

Meer oor:  Nedbank  |  Resultate  |  Banke  |  Bankdienste  |  Wins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.