Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nee dankie, sê Jooste oor parlement se uitnodiging
Markus Jooste

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, gaan nie Woensdag ’n vergadering van drie staande komitees oor Steinhoff bywoon nie.

Dié vergadering is byeengeroep om dringend meer inligting oor die Steinhoff-debakel te kry wat gewone mense se aftreegeld miljarde rande se skade berokken het.

Steinhoff se aandeelprys het met meer as 80% geval sedert hy in Desember aangekondig het sy jaarstate kan nie uitgereik word nie weens ongerymdhede met sy boekhouding en dat Jooste met onmiddellike ingang bedank.

Sedertdien is Jooste skoonveld en kon niemand hom nog opspoor nie.

Sy regsverteenwoordiger, Callie Albertyn van De Klerk & Van Gend, het skriftelik die sekretaris van die staande komitee oor finansies laat weet Jooste wys die uitnodiging van die hand om namens Steinhoff ’n voorlegging te doen omdat hy nie meer vir die maatskappy werk of ’n direkteur is nie.

Sy prokureur het op die laaste nippertjie gereageer op die uitnodiging wat al op 17 Januarie deur die voorsitters van die drie komitees aan hom gestuur is.

“Daar het niks gekom van (sy belofte) om die gevolge van sy gedrag soos ’n man te dra nie,” sê David Maynier, DA-woordvoerder oor finansies, met verwysing na die brief wat Jooste kort ná sy bedanking aan personeellede geskryf het.

In die brief sê Jooste “dit is tyd vir hom om aan te beweeg en die gevolge van sy gedrag soos ’n man te vat”.

Hy het ook gesê hy het sekere groot foute gemaak en het finansiële verlies vir baie onskuldige mense meegebring.

Maynier meen die staande komitee oor finansies moet dit nou ernstig oorweeg om Jooste te dagvaar om voor hom te verskyn.

Meer oor:  Steinhhoff  |  Markus Jooste  |  Christo Wiese  |  Parlement  |  Steinhoff-Skandaal  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.