Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nee, jy kan nie VBS se banklisensie koop
Die Reserwebank se gebou in Pretoria.

Die banklisensie van VBS Mutual Bank is opgeskort en kan nie weer in gebruik geneem word nie, sê die Reserwebank Vrydag in ’n verklaring.

Verskeie partye het met die Reserwebank in verbinding getree in die hoop om die bank te laat herleef, maar helaas is dit onmoontlik, sê die sentrale bank.

“Die ou VBS-lisensie kan nie deur ’n ander party gekoop word nie, en die Reserwebank kan dit ook nie aan ’n ander persoon of entiteit gee nie.”

VBS, ’n onderlinge bank wat meestal in Limpopo sake gedoen het, is in November 2018 gelikwideer.

Grootskaalse bedrog is jare lank by die bank gepleeg. Nagenoeg R2,3 miljard se spaargeld en ander deposito’s het “verdwyn” of het nooit bestaan nie.

Duisende bejaardes en arm mense het hul spaargeld verloor toe die bank gelikwideer moes word, hoewel onttrekkings van tot R100 000 deur die Reserwebank gewaarborg is.

Die bank se bates word tans verkoop om die verlore geld wat aan deposante geskuld word, te probeer verhaal.

Die Reserwebank vra dat partye wat daarin belangstel om ’n onderlinge bank soos VBS te bedryf, eerder om ’n eie banklisensie aansoek doen.

Belangstellendes kan ook enige van VBS se vaste bates koop deur middel van die likwidateur en selfs aansoek doen om die naam VBS (oftewel Venda Building Society) weer te gebruik.

Die Reserwebank waarsku wel dat enigiemand wat aansoek doen om ’n nuwe banklisensie aan die nodige finansiële en omsigtigheidsvereistes moet voldoen en dat die proses tot twee jaar kan duur.

Meer oor:  Vbs  |  Reserwebank  |  Banklisensie  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.