Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nee vir bier, ja vir bokswyn!

Die jongste algehele drankverbod van vier weke het die drankbedryf meer as R7,6 miljard se verlore verkope gekos.

drank
Die drankbedryf is besig om miljarde rande te verloor weens die drankverbod wat keer op keer slegs in Suid-Afrika ingestel word.

Nuwe navorsing van die marknavorser NielsenIQ wys dat die verwoesting van die vierde drankverbod enorm was.

Met verkope van gemiddeld R1,9 miljard per week het die vier weke waarin alkohol nie verkoop kon word nie, gelei tot enorme verliese vir die ganse drankbedryf.

NielsenIQ se data kom van semi-groothandelaars, kleinhandelaars, drankwinkels en kroeë, maar nie van restaurante en hotelle nie.

Die ware verlies van die drankbedryf is dus heelwat groter as R7,6 miljard.

Verbruikers het hul gedrag verander na aanleiding van die drankverbod wat keer op keer sedert 2020 toegepas is.

NielsenIQ het bevind dat die deursnee-verbruiker nie meer in dieselfde mate bier koop as voor die pandemie nie.

“Die werklikheid is ’n veranderde verbruiker en veranderde kooppatrone,” sê NielsenIQ se handelshoof, Ged Nooy, in ’n verklaring.

Ná die eerste verbod op drank het verkope eers herstel en dan weer afgeneem. Dieselfde het ook ná die tweede verbod gebeur.

Uiteindelik was drankverkope in 2020 36% laer as in 2019.

Ná die derde drankverbod van Januarie het verkooppatrone egter nie weer herstel nie omdat verbruikers begin aanpas het by die “nuwe normaal”.

Bier verloor, bokswyn wen

Ná die derde verbod (Desember tot Februarie) het verkope in alle kategorieë grotendeels herstel, met die uitsondering van bierverkope.

NielsenIQ skryf dit daaraan toe dat mense nie meer kan drink soos normaalweg in kroeë nie. Dis waar die meeste bierverbruik tradisioneel geskied.

Bokswyn was een van die groot wenners onder die nuwe kooppatrone.

NielsenIQ sê verbruikers gee nie meer om hoe hulle voorkom voor ander nie, aangesien die meeste mense weens die pandemie nie meer kuier nie. Daarom koop baie mense goedkoop grootmaatwyn eerder as wyn in glasbottels net om hul vriende te beïndruk.

Meer oor:  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drankverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.