SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nhlanhla Nene word direkteur van Grobank

Nhlanhla Nene, voormalige minister van finansies, is as nie-uitvoerende direkteur by Grobank aangestel.

Luidens ’n verklaring wat dié bank uitgereik het, geld sy aanstelling reeds vanaf 13 November.

Nhlanhla Nene, voormalige minister van finansies. Foto: Bloomberg

Grobank was voorheen bekend as die Bank of Athens. Die bank fokus op die landbou- en voedselbedryf.

“Ek is verheug dat ek my by Grobank kon aansluit om die bank as ’n gespesialiseerde voedsel- en landboubank te help posisioneer. Hierdie sektore kan ’n leidende rol speel in die verligting van werkloosheid en bydra tot voedselsekerheid in ons land,” sê Nene oor sy aanstelling.

Hy het in Oktober 2018 as minister van finansies en parlementslid bedank.

Nene se bedanking het gevolg ná sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, waar hy erken het dat hy verskeie besoeke aan die Gupta-woning in Saxonwold, Johannesburg, gebring het.

Hy was voorheen ook ’n nie-uitvoerende direkteur van die fondsbestuurder Allan Gray. In 2018 was hy voorsitter van die Nuwe Ontwikkelingsbank, oftewel die sogenaamde Brics-bank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.