Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nissan Navara nou in SA, vir SA gebou

Dubbelkajuitbakkies vir Afrika word nou in Suid-Afrika gebou en die eerste bakkies sal binnekort uit Nissan se aanleg in Rosslyn, Pretoria, ry.

Kabelo Rabotho, Nissan Suid-Afrika se direkteur, en Shafick Solomons, hoof van die aanleg, by Nissan se aanleg in Rosslyn, Pretoria. Foto: Verskaf

Die Japanse motorvervaardiger het Dinsdag amptelik begin om die Navara-dubbelkajuitbakkies by sy Rosslyn-aanleg te vervaardig en Nissan-aanhangers in Suid-Afrika sal die bakkies nog vandeesmaand kan koop.

Navara-bakkies sal in die derde kwartaal van die jaar na ander lande in Afrika suid van die Sahara uitgevoer word.

Volgens Shafick Solomons, die aanleg se direkteur, is die eerste bakkie wat op eie bodem voltooi gaan word, ’n samevloeiing van ’n intense tydperk van opleiding van Suid-Afrikaanse werknemers om aan Nissan se internasionale standaarde vir gehalte te voldoen en dit te oortref.

Rosslyn gaan volgens hom die middelpunt word waar die Japanse motorvervaardiger ligte kommersiële voertuie vervaardig.

“Die eerste Navara wat by die Rosslyn-fabriek vir die Afrika-mark gebou word, is ’n groot mylpaal vir die Navara-model se reis. Dit is ook ’n bewys van Nissan se betrokkenheid op lang termyn in Afrika en baie mans en vroue se passievolle werk om die projek van die grond af te kry sodat die ikoniese Navara in Afrika, vir Afrika, gebou kan word.”

Die nuus volg op Nissan se aankondiging vroeër die maand dat Navara-bakkies binnekort nie meer in Europa vervaardig gaan word nie.

Nissan se fabriek in Barcelona sluit in Desember weens die afname in Europeërs wat bakkies soek, volgens Nissan. Die motorvervaardiger sê die verkope van die bakkies in Europa sal in 2022 eindig.

Rosslyn se fabriek sal, wanneer die vervaardigingslyn ten volle in bedryf is, 43 Navara’s per dag kan bou en planne is in die pyplyn om die duurder Navara Pro-4X ook by die aanleg te bou. Die aanleg sal ook mettertyd enkelkajuitbakkies vervaardig.

Meer oor:  Nissan  |  Rosslyn  |  Motorvervaardiging  |  Bakkies  |  Motors  |  Motorvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.