Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nóg banke aangekla van valuta-gekonkel

’n Nuwe klagstaat is opgestel teen banke wat glo die rand-dollar-wisselkoers gemanipuleer het – en nóg banke, onder meer Nedbank, word boonop nou aangekla.

Die saak oor valuta-manipulasie is in 2015 al begin.

Die Mededingingskommissie, wat al vyf jaar lank met dié saak volhard, het die nuwe klagstaat vir vervolging na die Mededingingstribunaal verwys ingevolge ’n beslissing van die Mededingingsappèlhof.

Banke se grootste beswaar teen die vorige klagstaat was dat die transaksies buite Suid-Afrika plaasgevind het – onder meer in New York – en Suid-Afrikaanse owerhede daarom nie jurisdiksie daaroor het nie. Die Mededingingsappèlhof het gelas dat die nuwe klagstaat uiteensit watter regstreekse en onmiddellike uitwerking die manipulasie op Suid-Afrikaanse verbruikers en die ekonomie gehad het.

Die nuwe klagstaat wei uit oor die impak van wat die kommissie as die “valutamanipulasie-kartel” noem en voeg nóg banke by die klagstaat. Die nuwe banke is Nedbank, Rand Merchant Bank, wat, FirstRand insluit, en Standard Americas. FirstRand is die moedermaatskappy van FNB.

Onder die banke wat voorheen reeds aangekla is, tel JPMorgan Chase, BNP Paribas, Bank of Merrill Lynch, Investec, Standard Bank en Standard Chartered.

Citigroup het reeds ’n boete betaal en Barclays Africa, wat sedertdien sy naam na Absa verander het, is as fluitjieblaser van enige boetes gevrywaar.

Tembinkosi Bonakele, kommissaris van die Mededingingskommissie, sê banke moet nou op die aanklagte antwoord. “Dié aanklagte gaan nie verdwyn nie. Van die individuele verhandelaars wat by die valutamanipulasie betrokke was, is afgedank, maar hul werkgewers – die banke – moet nog in Suid-Afrika verantwoordbaar gehou word.”

Die kommissie sê tot op hede het nog nie ’n enkele bank op die meriete van die saak geantwoord nie – hulle fokus nog net op tegniese aspekte.

Van die banke het reeds in ander lande beken dat hulle die rand-dollar-wisselkoers gemanipuleer het. Standard Chartered is al in 2014 in New York aangekla en het in 2019 ’n pleitooreenkoms daaroor aangegaan. Credit Suisse het in 2017 ook ’n pleitooreenkoms in New York aangegaan.

Meer oor:  Barclays Africa  |  Nedbank  |  Absa  |  Fnb  |  Firstrand  |  Markte  |  Banke  |  Dollar  |  Bankbedryf  |  Valutahandel  |  Valuta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.