Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nog geen plan om ou motorbande te herwin
Ou motorbande kan herwin word. Foto: Dirk Jordaan

Die minister van omgewingsake, bosbou en visserye het nie een van die planne goedgekeur wat vier maatskappye ingedien het om motorbande te herwin nie.

Barbara Creecy, minister van omgewingsake, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van ’n DA-parlementslid gesê Evergreen Energy, JPC Energy Systems, Tyre Waste Abatement & Minimisation Initiative of South Africa (Twamisa) en die South African Tyre Reuse Company (Satruco) het bestuursplanne ingedien vir goedkeuring, maar nie een van hul planne is goedgekeur nie.

Creecy het in antwoord op die vraag van Cathlene Labuschagne, Wes-Kaapse DA-verteenwoordiger in die nasionale raad van provinsies, gesê daar is ook nog nie ’n uitvoerende hoof vir die te stigte afvalbestuursburo aangestel nie. Die pos is geadverteer, maar nog nie gevul nie.

Boonop maak die huidige wet oor afval nog nie voorsiening vir die aanstel van ’n raad vir die afvalbestuursburo nie. Daar word nog gewerk aan die wetswysigings wat daarvoor voorsiening maak, en dit sal binnekort aan die parlement voorgelê word, het Creecy belowe.

Volgens haar bepaal die oorgangsmaatreëls van die afvalbande-regulasies van 2017 dat die afvalbestuursburo verantwoordelik sal wees om intussen die bestuur van afvalbande te hanteer, totdat ’n nuwe bestuursplan goedgekeur is.

Volgens Creecy het sy in Oktober met verteenwoordigers van die bandebedryf vergader en is ooreengekom om ’n fasiliteringspan saam te stel wat die herwinning van voertuigbande bevorder en bandevervaardigers se verantwoordelikheid vir bandeherwinning uitbrei.

Die regering se plan om voertuigbande volhoubaar te herwin sloer al jare nadat die Recycling and Economic Development Initiative of South Africa (Redisa) aanvanklik in opdrag van ’n vorige minister van omgewingsake, Edna Molewa, in 2012 op die been gebring is. Maar in 2017 is Redisa in opdrag van Molewa gelikwideer toe ontdek is van die direkteure van Redisa besit terselfdertyd belange in ’n private maatskappy wat die bande-herwinningsplan sou help bestuur.

Intussen word ’n belasting van R2,30 per kilogram gehef op elke nuwe voertuigband wat in Suid-Afrika verkoop word. Dié geld is veronderstel om die bandeherwinningsprogram te finansier.

Meer oor:  Barbara Creecy  |  Omgewing  |  Herwinning  |  Plastiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.