Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nóg ’n bank dank dalk 100 werkers af
Nedbank se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.Foto: Argief

Nedbank gaan moontlik tussen 50 en 100 werknemers afdank.

eNCA het Sondag berig dié bank is reeds in gesprek met sowat 1 500 werknemers wat in sy kleinhandel- en sakebankafdeling werk.

Nedbank het dié syfer aan Netwerk24 bevestig.

Die bank sê in ’n antwoord per e-pos dat hy reeds sedert Mei in gesprek met werknemers is oor die herstrukturering.

Hy sê hoewel dit lyk asof tot 100 werknemers moontlik hul werk gaan verloor, gaan hy “hard probeer om dié getal tot die minimum te beperk”.

Die bank sê hy ondersoek moontlikhede om personeel wat deur die herstrukturing beïnvloed word, waar moontlik in ander poste by die bank self aan te stel.

Wayne Hattingh, assistenthoofsekretaris van die bankwerkersvakbond Sasbo, het aan Netwerk24 bevestig dat dié vakbond in gesprek is met Nedbank oor die moontlike afleggings.

“Sasbo ondersteun glad nie enige afleggings nie. Hy werk hard om die bank te probeer oortuig om niemand uit diens te stel nie,” sê hy in ’n e-pos.

Ander banke

Nedbank is die derde van die vier groot banke wat vanjaar aankondig dat hy sy arbeidsmag gaan kleiner maak.

Standard Bank het reeds in Maart aangekondig dat hy 104 van sy takke sluit. Sowat 1 200 van sy werkers kan weens dié herstrukturering hul werk verloor.

Standard Bank het verduidelik hy het sy kleinhandel- en sakebankdienstemodel hersien vanweë die veranderende behoeftes van kliënte te midde van vinnige aanvaarding van digitale bankprodukte en -dienste.

Absa het óók in Maart aangekondig dat hy besig is om van sy takke te herstruktureer.

In Absa se geval is soveel as 827 poste in gedrang.

Meer oor:  Nedbank  |  Absa  |  Standard Bank  |  Bankdienste  |  Bankbedryf  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.