Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nóg ’n bank faseer tjeks uit

Nog een van Suid-Afrika se groot banke gaan binnekort nie meer tjeks aanvaar nie.

FNB gaan van 1 Januarie 2021 nie meer tjeks aanvaar nie. Foto: Pixabay

FNB sê Dinsdag in ’n verklaring dat hy van 1 Januarie 2021 geen tjeks sal aanvaar nie.

Die bank sê hy sal ook ander banke inlig om van dié datum nie FNB-tjeks te aanvaar nie.

FNB se aankondiging kom kort op die hakke van Absa en Investec wat ook binnekort nie meer tjeks gaan uitreik óf aanvaar nie.

FNB sê kliënte het nou ses maande om ander planne te maak, sou hulle steeds tjeks gebruik.

In ’n tydlyn wat die bank bekendgemaak het, gaan hy reeds van 1 Augustus geen tjeks binne tien dae verwerk nie.

Van 1 September sal verwerkte tjeks ook nie meer aan kliënte teruggestuur word nie. Digitale afskrifte van die tjeks sal aanlyn beskikbaar gestel word.

FNB sal van dié datum af ook geen nuwe tjekboeke druk nie.

“Die besluit om tjeks te laat vaar, is met groot oorweging geneem om te verseker dat ons alternatiewe betalings bied vir ons kliënte wat tjeks gebruik.

“Ons sal voortgaan om met ons kliënte saam te werk om ’n oorgang na alternatiewe betalings te verseker wat veiliger, doeltreffender en kostedoeltreffender is as tjeks,” sê Kenneth Matlhole, FNB se hoof verantwoordelik vir produkte.

Meer oor:  Fnb  |  Banke  |  Bankdienste  |  Bankbedryf  |  Tjeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.