Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nóg ’n firma dank KPMG af
KPMG se kantore in Londen, Brittanje.

Een van die enkele genoteerde firmas wat KPMG nog as ouditeur gebruik het ná die #Guptaleaks-e-posskandaal, het pas ’n nuwe ouditeur aangestel.

Die mynmaatskappy Gold Fields sê in ’n Sens-verklaring hy het PwC ná ’n “formele tenderproses” as sy eksterne ouditeur aangestel.

Die aanstelling is egter eers van krag vir die boeke van die volgende boekjaar, wat op 1 Januarie 2019 begin.

KPMG sal nog die 2018-boeke afteken, wat na verwagting teen einde April 2019 sal gebeur.

Gold Fields beklemtoon in sy Sens-verklaring hy het nog geen probleme met KPMG ervaar “oor rekenkundige beginsels of praktyke, openbaarmaking van finansiële state, ouditomvang of -prosedures” nie.

KPMG is midde-in bewerings van staatskaping gedompel omdat die firma die boeke van die Gupta-beheerde Linkway Trading gedoen het. Staatsgeld wat vir die Vrede-melkery, ’n bemagtigingsprojek, bedoel was, is deur ’n bankrekening in die Midde-Ooste “gewas” en daarna weer in ’n Linkway-rekening inbetaal om vir die welbekende Gupta-familietroue by Sun City te betaal.

KPMG het ook ’n verslag oor die sogenaamde geheime en “onwettige” ondersoekeenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) opgestel in opdrag van Tom Moyane, geskorste SAID-kommissaris. Die ouditfirma het die verslag vroeër vanjaar teruggetrek. Moyane word op die oomblik dissiplinêr verhoor.

Sygnia, Sasfin, Sibanye-Stillwater, Redefine, Absa, TFG, Telkom en AVI is onder die groot genoteerde firmas wat KPMG vroeër vanjaar afgedank het.

Nedbank, Standard Bank en Sappi is onder die enkele groot firmas wat nog van KPMG se dienste gebruik maak.

Meer oor:  Gold Fields  |  Kpmg  |  Gupta-Broers  |  Guptas  |  Ouditeure  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.