Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nog 'n skoolgroep kom beurs toe
Die JSE se kantoor in Johannesburg.

Die Pembury Lifestyle Group (PLG) het toestemming van die JSE gekry om sy skoolgroep op die AltX, die JSE se alternatiewe beurs vir kleiner maatskappye, te noteer.

Pembury, wat aanvanklik op aftreeoorde gefokus het en later ook private skoolkampusse begin vestig het, sal die derde genoteerde groep met belange in private skole wees.

Hy beoog om teen volgende jaar sewe kampusse met 19 skole te bedryf – ’n kampus bestaan gewoonlik uit ’n preprimêre skool, ’n primêre skool en hoërskool.

Die eerste stap is volgens Andrew McLachlan, uitvoerende hoof, om PLG Schools op die AltX te noteer. Dit sal onder meer die eiendom van elke skool insluit.

Sy portefeulje van aftreeoorde kan later volg, afhangende van beleggersaptyt daarvoor, het McLachlan luidens ’n verklaring gesê

“Die eerste stap is belangrik omdat dit ons posisioneer vir toekomstige groei en die maatskappy na behore struktureer om bykomende eiendom vir skoolkampusse aan te skaf,” sê hy.

PLG Schools oorbrug luidens die verklaring die gaping tussen skoolgeld betaalbaar by regeringskole en die “elite” onafhanklike skole.

“Ons visie is om onafhanklike, gehalteonderwys toeganklik en bekostigbaar vir meer mense in Suid-Afrika te maak,” verduidelik McLachlan.

PLG Schools het tans kampusse in Gauteng en Noordwes en beplan om volgende jaar nuwe kampusse in Centurion, Roodepoort en Springs te open.

McLachlan verwag dat dit teen 2022 tot 19 kampusse en 55 skole sal groei.

PLG Schools het ook ’n glinster in die oog vir tersiêre onderwys en tegniese kolleges.

“Ons sien reuse-potensiaal in dié soort naskoolse instansies,” sê McLachlan.

PLG Schools hoop om sowat R140 miljoen uit die notering te verkry.

  • Skoolgeld by sy skole wissel tussen R18 000 en R54 000 jaarliks per leerling.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.