Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nóg R500 000 om joernaliste te help
Die tydskrif rooi rose is een van die tydskrifte wat te midde van die koronaviruspandemie gesneuwel het.

FirstRand het R500 000 geskenk om joernaliste te help wat finansieel sukkel weens die koronaviruspandemie.

FirstRand het Donderdag in ’n verklaring gesê dié geld word beskikbaar stel deur die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef).

FNB, Rand Merchant Bank, WesBank en Ashburton Investments, almal filiale van FirstRand, het ’n bydrae gelewer tot die R500 000.

Sanef het vroeër in Julie aangekondig dat hy ’n hulpfonds skep om joernaliste by te staan.

MTN het ook reeds R500 000 aan dié fonds geskenk.

“Die groep is van mening dat die media ’n belangrike rol gespeel het om te verseker dat die land op hoogte bly van die belangrikste verwikkelinge van die pandemie deur geloofwaardige joernalistiek en platforms,” sê FirstRand in die verklaring.

“Dit het verseker dat Suid-Afrikaanse burgers betroubaar ingelig is oor die nodige maatreëls om hulself en hul geliefdes veilig te hou.

Die werkverliese in die bedryf is ongekend en ons verloor joernaliste op ’n tydstip wat ons hulle die nodigste het.
Mahlatse Mahlase, Sanef

“Suid-Afrika is gelukkig om ’n joernalistieke gemeenskap te hê met ’n lang rekord wat alle belanghebbendes van die samelewing verantwoordelik hou.”

Mahlatse Mahlase, voorsitter van Sanef, het FirstRand bedank vir die bydrae.

“Die werkverliese in die bedryf is ongekend en ons verloor joernaliste op ’n tydstip wat ons hulle die nodigste het,” sê hy.

Verskeie mediahuise het sedert die uitbreking van die koronavirus aangekondig dat hulle werknemers sal moet aflê.

Media24 het Maandag aangekondig sy beplande ingrypings raak 510 personeellede (met ’n voorgestelde vermindering van nagenoeg 660 poste), oorwegend in die drukmedia- en verspreidingsafdelings.

News24 berig dat ook Primedia die afgelope week aangekondig het dat hy moontlik poste gaan moet sny weens die invloed van die pandemie op sy bedrywighede. Primedia besit radiostasies soos 702, KFM en Cape Talk.

Caxton het in Mei aangekondig dat hy gaan ophou om tydskrifte te publiseer.

Een van die tydskrifte wat by dié maatskappye gesneuwel het, is rooi rose.

Associated Media Publishing, wat Cosmopolitan en House & Leisure uitgegee het, het ook in Mei aangekondig dat hy sy deure permanent sluit.

Sanef sê die doel van die fonds is om mense met ernstige behoefte te help met ’n klein skenking om benodigdhede soos kos en klere aan te skaf.

“Slegs vryskut- en kontrakjoernaliste, of joernaliste wat permanent in diens was en wat afgelê is of wie se kontrakte gekanselleer is sedert die aanvang van die staat van inperking op 27 Maart, kan aansoek doen om hulp.”

  • Netwerk24 is in die stal van Media24.
Meer oor:  Mtn  |  Sanef  |  Firstrand  |  Joernaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.