Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nog redery in sop oor verskeping van motors van SA

Die Mededingingskommissie het ’n Chileense skeepsredery wat motors vervoer by die Mededingingstribunaal vir beweerde samespanning en verskeie ander oortredinge van die Mededingingswet vir vervolging verkla.

Die maatskappy Compañía Sudamericana de Vapores SA (CSAV) het na bewering die wet oortree met tenders wat Ford Motors uitgereik het.

CSAV
Die Chileense maatskappy Compañía Sudamericana de Vapores SA (CSAV) het na bewering die wet oortree met tenders wat Ford Motors uitgereik het om motors van Suid-Afrika na Europa te vervoer. Foto: Verskaf

Die maatskappy het na bewering saamgespan met Mitsui OSK Lines (MOL) met die verskeping van Ford-motors van Suid-Afrika na Europa en Noord-Afrika.

MOL is tegemoetgekom oor sy betrokkenheid by die kartel in ruil vir inligting en sy volle samewerking in die saak, luidens ’n verklaring van die Mededingingskommissie.

CSAV het in 2015 ’n boete van R8,8 miljoen betaal nadat ’n ooreenkoms met die kommissie aangegaan is oor soortgelyke oortredings met ’n tender van General Motors.

CSAV ontken nou dat hy in die Ford-tender by sulke oortredinge betrokke is.

Vier maatskappye het die afgelope jare reeds R310 miljoen se boetes in die saak betaal, luidens ’n verklaring van die kommissie. Die maatskappye Nippon Yusen Kaisha (NYK), Wallenius Wilhelmsen (WWL) en Eukor Car Carriers het tussen 2015 en 2018 samespanning erken en met die kommissie geskik.

Die Mededingingskommissie het Höegh Autoliners Holdings AS in 2017 na die Mededingingstribunaal verwys vir vervolging oor sewe klagtes wat met kartelvorming te doen het in soortgelyke tenders wat deur verskillende motorvervaardigers uitgereik is.

Die vragskip van Mitsui O.S.K Lines in Port Elizabeth. Mitsui is genade betoon omdat hy met die owerhede saamwerk in die jongste saak oor samespanning. Foto: Werner Hills
Meer oor:  Mededingingstribunaal  |  Nippon  |  Mededingingskommissie  |  Mol  |  Mitsui  |  Csav  |  Ford  |  Vragskip  |  Samespanning  |  Kartel  |  Mededingingswet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.