Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nóg SAL-vlugte hervat Dinsdag
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens begin Dinsdag weer na sommige bestemmings in Afrika vlieg.Foto: Argief

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal van Dinsdag weer na Accra in Ghana, Lagos in Nigerië, Lusaka in Zambië, Maputo in Mosambiek, Windhoek in Nambië en Harare in Zimbabwe vlieg.

Die SAL sê Maandag in ’n verklaring al sy internasionale vlugte is ook weer op skedule.

Philip Saunders, bedryfshoof by die SAL, sê in die verklaring passasiers wat internasionaal (buite Afrika) vlieg, kan nou na die betrokke lughawe gaan soos wat hul oorspronklike bespreking dit uiteensit.

Passasiers wat na ’n bestemming in Afrika vlieg waar vlugte weer in bedryf gestel is, sal gekontak word met nuwe besonderhede.

Hy sal ook probeer om passasiers wat na ander bestemmings in Afrika reis waar moontlik op ander vlugte te akkommodeer.

Wat plaaslike vlugte betref sê die SAL daar word hard gewerk om alle passasiers wat besprekings vir Dinsdag 19 November en Woensdag 20 November gehad het, waar moontlik op óf Mango óf SA Airlink te bespreek.

Passasiers word gevra om nié na ’n lughawe te gaan indien hulle nie ’n nuwe bespreking het nie.

“Passasiers wat verkies om hul geld terug te kry, óf wat hul vlug na ’n latere datum wil skuif, het tyd tot 30 November om reëlings te finaliseer,” lui die verklaring.

Passasiers kan die SAL se webtuiste op flysaa.com besoek of 0861 606 606 of 011 978 1111 bel om besonderhede oor hul vlugte te bevestig.

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Staking  |  Lugdiens  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.