Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe hoof by Gupta-maatskappy aangestel
Oakbay Resources and Energy se logo.

Oakbay Energy and Resources het iemand uit sy binnekring aangestel as nuwe uitvoerende hoof nadat Varun Gupta in Maart bedank het.

Jacques Roux, vantevore die uitvoerende hoof van ’n ander Gupta-firma, JIC Mining Services, is sedert Junie 2015 verantwoordelik vir die Oakbay-groep se Brakfontein-steenkoolmyn naby Delmas in Mpumulanaga. Brakfontein is in besit van die ewe omstrede Tegeta Resources and Exploration, nog ’n firma waarin die Guptas belê is.

Roux was ook voorheen in Indië in diens van die rekenaarfirma Sahara, die oorspronklike bron van die Guptas se weelde, waar hy gehelp het om duisende winkels vir dié groep te vestig.

Gupta, een van die omstrede Gupta-broers wat na bewering probeer het om pres. Jacob Zuma te beïnvloed, het bedank nadat Suid-Afrikaanse banke Oakbay en sy moedermaatskappy, Oakbay Investments, soos ’n warm patat gelos het. Oakbay se ouditeur, KPMG, en aandelebeursborg, Sasfin, het ook hul bande verbreek.

Oakbay het intussen ’n nuwe ouditeursfirma aangestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.