Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe hoof by Nedbank beleggingsbank

Nedbank het Anél Bosman (53) as die nuwe hoof van Nedbank korporatiewe en beleggingsbank (CIB) aangestel.

Anél Bosman is aangestel as hoof van Nedbank se korporatiewe en beleggingsbank.

Sy sal die leisels in April oorneem by Brian Kennedy (59), wat in Maart Nedbank se verpligte aftreeouderdom van 60 bereik en teen einde Maart ná ’n loopbaan van 24 jaar by die bank sal aftree.

Kennedy was sedert die samesmelting met BoE in 2003 aan die stuur van Nedbank se kapitaalmarkbedrywighede. Hy het Nedbank Capital opgebou met die ontwerp van innoverende oplossings vir top-maatskappye en staatsondernemings in Suid-Afrika asook die res van Afrika, het Nedbank Vrydag in ’n verklaring gesê.

Hy het toesig gehou oor die samesmelting van Nedbank Capital en Nedbank Corporate in 2015 om Nedbank CIB te vorm.

Bosman het reeds 18 jaar se ervaring by Nedbank. Sy was van 2005 tot 2010 risikohoof by Nedbank Capital, en was sedert 2011 bedryfshoof totdat sy in 2015 as bestuurder vir Nedbank CIB Markets aangestel is. Daar was sy vir alle handelsbedrywighede en groothandelsfinansiering verantwoordelik.

Bosman het in 1988 ’n BCom-honneurs (cum laude) aan die Universiteit van Johannesburg, asook in 1990 ’n meestersgraad in ekonomie aan die Universiteit van Cambridge behaal.

Nedbank het ook Vrydag die aanstelling van dr. Terence Sibiya (50) in sy uitvoerende komitee aangekondig. Sibiya is bestuurder van Nedbank Africa. Voordat hy in 2011 by Nedbank begin het, was hy hoof van die krag-, konstruksie- en infrastruktuurafdeling by Standard Bank se korporatiewe en beleggingsbanksake.

Sowel Bosman as Sibiya sal aan Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank, rapporteer.

Meer oor:  Nedbank  |  Mike Brown  |  Banksektor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.