Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe hoof by Transnet Engineering

Transnet het Thoba Eric Majoka as waarnemende hoof van gevorderde vervaardiging by Transnet Engineering aangestel.

Transnet het skuiwe aangekondig te midde van ondersoeke oor tenderknoeiery. Foto: Bloomberg

Hy is in die plek van Thamsanqa Jiyane, wat verlede week geskors is. Jiyane was een van drie topbestuurders wat verlede maand aan die Transnet-direksie moes verduidelik waarom hulle nie geskors moet word nie hangende ondersoeke na beweerde onreëlmatighede met die lokomotieftender van R54 miljard in 2014.

Die Transnet-direksie het verlede week op ’n spesiale vergadering Jiyane se skriftelike betoog bespreek en besluit dit hou nie water nie, en dat sy voortgesette teenwoordigheid by Transnet verdere forensiese ondersoeke belemmer.

Majoka se aanstelling is sedert Maandag van krag. Hy was tot dusver afdelingsbestuurder vir instandhouding en dienste by Transnet Engineering.

Transnet Engineering doen instandhoudingswerk aan al Transnet se treine en vervaardig lokomotiewe en treinwaens.

Meer oor:  Transnet  |  Eric Majoka  |  Thamsanqa Jiyane  |  Spoorweë  |  Staatskaping  |  Treine  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.