Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe hoof van SAL sê wanneer lugdiens weer vlieg

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal waarskynlik weer in Augustus begin vlieg.

SAL
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal waarskynlik weer in Augustus vlieg. Foto: Getty Images

So reken Thomas Kgokolo, nuwe uitvoerende hoof van die lugdiens, wat Woensdag met Clement Manyathela op die radiostasie 702 in gesprek was.

Volgens Kgokolo moet die sakereddingsproses egter eers voltooi word.

Die SAL is al vanaf Desember 2019 in sakeredding, maar het eers in Oktober 2020 goedkeuring vir ’n reddingsboei van R10,5 miljard ontvang om die lugdiens weer as ’n kleiner lugdiens op die been te bring. Die volle bedrag is nog nie aan die sakeredders oorbetaal nie.

Kgokolo sê die sakeredders is “sowat 95%” klaar met die sakereddingsproses.

Daar is nog hofsake wat afgehandel moet word. Die SAL is tans in ’n bitter hofstryd gewikkel met die SAL-Vlieëniersvereniging (Saapa) oor hul skeidingspakkette, uitsluiting uit die lugdiens en toekomstige salarisse.

Saapa, wat namens alle vlieëniers van die SAL onderhandel, is glad nie tevrede met die salarisbesnoeiings wat die SAL voorstel vir diegene wat ná die afdankingsproses weer aangestel word nie. Die SAL bied tans sowat 50% van hul vorige salarisse aan as deel van nuwe kontrakte.

SAL
Thomas Kgokolo, nuwe tussentydse uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Foto: Accountancy SA

Saapa het nog nie die finale aanbod van die sakeredders, wat op 1 April gemaak is, aanvaar nie.

Kgokolo is egter vol vertroue dat die sakereddingsproses eersdaags voltooi sal word en dat die nuwe bestuur dan die leisels amptelik kan oorneem.

“Ek verwag dat die proses teen middel Mei of einde Mei op die laatste klaar sal wees,” sê Kgokolo.

Kgokolo glo die nasie is “nog lief” vir die SAL en wil dit graag weer sien vlieg.

Die lugdiens het in 2011 laas ’n wins gemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.